Kernkrag-baas bedank nu00e1 7 maande
Kernkrag-baas bedank nu00e1 7 maande

Kernkrag-baas bedank ná 7 maande

Necsa is die afgelope jaar of wat onder druk weens bestuursprobleme, ’n lang onderbreking van produksie by sy filiaal, en onopgeloste verskille.
Francois Williams – Dr. Rob Adam, wat in Desember verlede jaar as nuwe voorsitter van die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika (Necsa) aangestel is, het pas bedank.

Businesslive het Maandagmiddag berig Adam het bedank.

Hy het gesê hy het bedank weens die uitdagende aard van die werk.

Necsa is die afgelope jaar of wat onder druk weens bestuursprobleme, die jaar lange onderbreking van produksie by sy filiaal NTP Radioisotopes, en skynbare ernstige verskille tussen Jeff Radebe, vorige minister van energie, en die vorige topbestuur en voorsitter van Necsa.

Radebe het in Desember vir dr. Kelvin Kemm verwyder uit sy pos as voorsitter by Necsa. Die res van die Necsa-direksie is ook in die pad gesteek. Radebe het terselfdertyd vir Phumzile Tshelane, uitvoerende hoof van Necsa in daardie stadium, geskors hangende ’n ondersoek. Tshelane is in Mei vanjaar afgedank.

Adam was vroeër self uitvoerende hoof van Necsa.

Die korporasie vervaardig mediese radio-isotope wat wêreldwyd uitgevoer word, en is ook verantwoordelik vir die bedryf van die Safari-navorsingsreaktor by Pelindaba.

Onder oudpres. Jacob Zuma, toe die reuse-kernkragprogram nog op die spyskaart was, was die bedoeling dat Necsa ’n groot rol sou speel om Suid-Afrika gereed te kry vir ’n nuwe kernkrag-era. Sy filiaal Pelindaba Enterprises het hoogs gespesialiseerde sertifisering gekry om werk van kernkrag-gehalte te lewer in afwagting op die nuwe kernkrag-bouprogram. Maar toe die program deur ’n beslissing van die Wes-Kaapse hooggeregshof in 2017 stopgesit is, het die filiaal opgeskeep gesit met die duur sertifisering, maar niks om te vervaardig nie.

Die vakbond Nehawu is intussen omgekrap oor Necsa se planne vir herstrukturering wat die werk van tot 400 mense in die slag kan laat bly, het Businesslive berig.

Adam het in Maart in die parlement toegegee Necsa is in ’n krisis, is nie volhoubaar nie en het ’n nuwe sakemodel nodig. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!