Kers vernietig familiewoning
Maria Eiseb - 'n Kers wat omgeval het, het daartoe gelei dat drie sinkhuise in die Okahandjapark-nedersetting in Okuryangava onlangs in die hoofstad afgebrand het.
Die sinkhuise was die tuiste van ouma Otilie |Uiras (73), haar kinders en kleinkinders. Volgens haar seun, mnr. Nikodemus |Uirab, het die kinders gereed gemaak vir skool toe die kers glo omgeval het. Hy het gesê die familie bêre hul kragopwekkers met petrol in die sinkhuise, wat veroorsaak het dat die vlamme baie vinnig deur die huise versprei het.
“Alles het so vinnig gebeur. Ons was bekommerd oor die kinders en het hulle sommer uit die huise gegooi.”
Volgens /Uirab was die brandweer nie betyds om hul besittings te red nie en is alles in die brand vernietig.
Hy het voorts gesê die woonbuurt ondervind probleme met die brandweer wat selde betyds opdaag, en wanneer hulle wel op die toneel is, "is alles verniel".
Me. Lydia Amutenya, woordvoerder van Windhoek se munisipaliteit, het dit ontken en gesê die brand is nie direk by die brandweer gerapporteer nie.
Inwoners van die gemeenskap het eers die stadspolisie gebel en toe die Maxuilili-brandweerstasie van die brand in kennis gestel.
Volgens Amutenya het 'n opname gewys dit het sowat ses minute geneem voor die brandweer op die toneel was.
“Dit is onmoontlik dat daar 'n tekort aan water kon wees. Elke wa kan tot 10 000 liter water stoor," het sy gesê.
Ouma |Uiras sê die brand het alles vernietig, maar danksy die "genade van die Here" is niemand dood nie.
“Al my skoene het uitgebrand. Ek is kaalvoet soos ek hier sit.”
Haar vierjarige kleindogter is só getraumatiseer dat sy letterlik sukkel om stil te sit, het ouma |Uiras gesê.
“Die kind staan of sit nie stil nie, sy hardloop aanmekaar van skok. Ons het vir haar suikerwater ingegee."
Mnr. Willem Waterboer, eienaar van die sinkhuise, het brandwonde aan sy regtervoet en -hand opgedoen toe hy probeer het om van die familie se besittings te red.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie