Kersdorpies samel duisende vir katte in
’n Vrou van Windhoek, wat in Desember drie Lebkuchen-dorpies ten gunste van die Cat Protection Society of Namibia (CPSN) gebak het, het N$28 100 deur middel van ’n loterytrekking ingesamel.
Dié Windhoeker, wat verkies om anoniem te bly, bak al die afgelope sewe Kersfeeste huisies vir liefdadigheid.
Die afgelope Kersfees het sy vir die eerste keer besluit om nie net ’n hele dorp nie, maar sommer drie dorpies te bak.
Laas jaar het sy besluit om fondse vir die CPSN in te samel omdat hulle haar in die verlede met haar katte bygestaan het, en sy die vereniging op dié manier wou bedank.
“CPSN bedank almal wat ’n lootjie gekoop het en sodoende daartoe bydra dat meer katte in nood gehelp kan word,” het me. Inger Price van die CPSN gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie