Kersfees bring dalk bietjie reën

Namibiërs sal dalk nog langer moet wag vir genoegsame reën om te kom, maar enkele gelukkiges kan 'n nat Kersfees hê.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh

Die Namibiese weerkantoor voorspel baie warm weer en slegs enkele donderbuie vanaf vandag tot Kersfees. Daarna sal die weervooruitsigte ietwat verbeter.

Tussen 27 Desember en 4 Januarie word geïsoleerde en verspreide donderbuie oral in die land verwag, behalwe in die verre Weste, waar enkele reënbuie kan voorkom.

Die weerkantoor se hoofvoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, sê vandag sal dit mooi weer en baie warm in die Weste wees, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie sal wees. Enkele reënbuie kan in die noordelike dele van die land voorkom.

Op Oukersdag kan dié reënbuie ook elders voorkom.

Op Kersdag en Familiedag word gedeeltelike bewolkte en warm weer met enkele donderbuie in die sentraal-noorde, sentrale en noordooste deel van die land verwag.



nie rooskleurig

Dié voorspelling stem ooreen met weerkaarte van die Nasionale Sentrum vir Omgewingsvoorspelling, wat aandui dat weervooruitsigte vir Namibië vir die volgende twee weke nie té rooskleurig lyk nie.

Accuweather bring effe beter vooruitsigte en alhoewel geen reën gister vir Windhoek voorspel is nie, is die kanse vir reën glo tot 40% teen vandag.

'n Bietjie reën word ook vir Kersdag en Familiedag in Windhoek voorspel.

Wat die Noordweste betref: Oshakati se beste kans se op reën is vandag (56%) en Sondag (40%), terwyl Opuwo geen reën oor die naweek te wagte kan wees nie. Die kans op reën vir Okaukuejo in die Etosha Nasionale Park is 25% vir vandag, waarna die weer na verwagting sal opklaar.

In die Mieliedriehoek lyk die kanse vir reën oor Kersfees ietwat meer belowend, met sowat 50% kans vir reën vir vandag. Die voorspelling vir reën vir dié gebied verbeter na 66% vir Oukersdag, 56% vir Kersdag en 50% vir Familiedag.

In die Noordooste verbeter die kanse vir reën op Rundu vanaf vandag, terwyl 'n 92% kans vir reën op Katima Mulilo vir gister bestaan het. Reën word ook tydens die Kerstyd vir dié dorp voorspel.

Die kans op reën vir Otjiwarongo is 60% vir vandag. Dit verbeter na 65% op Saterdag. Geen reën word op Usakos verwag nie, terwyl Gobabis se kanse op reën vandag op 25% staan en na 40% verbeter vir onder-skeidelik Saterdag en Sondag.

Geen reën tydens die Kerstyd word in die Suide op Mariental, Helmeringhausen of Keetmanshoop voorspel nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!