Kersfees en kuns in Julie

Lloyd Zandberg
As jy lus is vir feestelikheid in Julie, maak gerus ’n draai by die Omba-galery in Talstraat waar die ’Ikhoba Textiles Farm Project sy 17de jaarlikse Christmas in July-uitstalling aanbied.

Vanjaar het die ’Ikhoba-span, onder leiding van Mildred von Frankenberg-Lüttwitz en Heidi Lacheiner-Kuhn, met Namibiese kunstenaars saamgespan om dié uitstalling met die tema “Tingatinga” aan te bied.

“Afgesien van ons tradisionele handgemaakte Kersversierings, sal besoekers Tingatinga-geïnspireerde skilderye en geborduurde stukke kan sien. Ons het ook ’n paar werke uit die shy wild-reeks deur Anne Lacheiner-Kuhn ingesluit. Anne is ’n geliefde Namibiese kunstenaar wat tans in Londen woon. Ons wil die plaaslike én toeristemark verras en meevoer. Ons wil mense ook aan vernuwende idees van vorige jare blootstel.”

Vanjaar se tema is geïnspireer deur ’n reis na Zanzibar waar die kunstoneel deur Edward Said Tingatinga se werk oorheers word.

Die Tingatinga-styl het in die tweede helfte van die 20ste eeu in Oyster Bay, in Tanzanië, ontwikkel. Dié styl het later na die meeste van Oos-Afrika versprei.

Vandag is dit steeds gewild onder veral toeriste in Tanzanië.

Tingatinga-skilderye is gewoonlik baie kleurvol en het ’n Afrika-tema. Dit kan beskryf word as naïef, amper spotprentagtig, met ’n tikkie humor.

Toe Mildred van haar vakansie in Zanzibar terugkeer, was sy opgewonde om te sien hoe Namibiërs dié kunsvorm sou interpreteer.

By vanjaar se uitstalling sal besoekers groot akrielskilderye en -tonele in die Tingatinga-styl aantref.

Daar sal ook mandjies, juwele en dekoritems van talentvolle kunstenaars van oraloor Afrika wees.

Die kunstenaarsgroep verskuif elke jaar doelbewus grense om ’n wye verskeidenheid produkte ten toon te stel en unieke Afrika-handewerk en -vaardighede te vertoon.

Die verskeidenheid Kersversierings en -ornamente sal artikels bevat wat onder meer uit ou drankdoppies en -deksels, herwonne plastiek, Espresso-kapsules en waterbottels gemaak is.

Besoek die Omba-galery tot 31 Augustus om dié tradisie aan die gang te hou.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!