Kersfees soos ’n kind dit ervaar
Kristien Kruger
Hoe asemrowend, buite-hierdie-wêreld mooi? Die skitterende liggies wat teen ons vervelige sitkamermure weerkaats. Die glansende silwer balle wat in sirkels om die Kersboom dans; en die stêr – hoog daar bo – helderder as al die stêrretjies onder die maan.
Onder die boom is dit nog leeg, maar ek weet oor ’n paar daggies sal dit volstaan met geskenke. Ek hoop ek kry ’n fiets of ’n pophuis.
Ek tel die daggies af. Mamma het vir my ’n kalender gekoop en agter elke datum is ’n stukkie sjokolade. My boetie het sommer vooruit al sy sjokolade opgeëet, maar ek eet getrou elke dag net een.
Ek kyk na die gloeiende oond en hoe die koekies traag opblaas en gaar word. Tannie Mika, wat moeg aan die beskuitdeeg knie, sê ek mag nie die oond se deur oopmaak om na die koekies te kyk nie, so ek sit stil op die grond voor die oond.
Toe die klokkie lui, spring ek op en gaan roep vir Mika. Met groen en rooi versier ons die vormpies – sterretjies, Kersbome en engele.
Die huis ruik na gemmerkoekies en kaneel.
Dit is die dag voor Oukersaand en al vier kinders sleep ons matrasse na die sitkamer, vanaand slaap ons reg langs die Kersboom.
Dit is net ’n paar uur voor Oukersaand. Ek en my boeties en sussie begin beplan aan ons jaarlikse toneeltjie. Ouboet haal sy kitaar uit en ousus kies die liedjies wat gesing moet word. Met die woorde op papier uitgedruk, oefen ons so twee keer en hoop vir die beste.
Ek is die jongste van vier kinders, so Kersvader was gewoonlik nie deel van my Kersfeesverrigtinge nie. Dit was eerder ek wat die geskenke moes uitdeel en ek was gek daaroor. Dit was vir jare lank my “werk”, maar vandat die kleinkinders bygekom het, het hulle my pligte oorgegee.
Ek onthou nog hoe ek al my geskenke bymekaargepak het voor ek gaan slaap het – moeg gespeel.
Op Kersdag is die tannies heeldag in die kombuis doenig, bedrywig met allerlei lekkernye. Hoenderpastei, tong en mostertring. Mamma maak natuurlik trifle.
Dis meer as ’n dekade later en hoewel ek nie meer met blinkogies na ons Kersboom staar of moontlik die geleentheid het om saam met my tannie Mika koekies te bak nie, wens ek dat ek, my suster en my broers weer vir oulaas langs die Kersboom in die sitkamer kon slaap.
Sommige goed verander natuurlik nooit, want ma maak steeds elke jaar trifle.
Ek is nou mooi groot en Kersfees lyk nie meer soos tydens my sorgelose kinderdae nie, maar die klein dogtertjie binne my is steeds opgewonde oor Kersfees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie