‘Kersfees’ vir speenkalfprodusente verby
Speenkalfpryse het vanjaar die vyfjaargemiddeld vér oorskrei, maar toon nou ‘n afwaartse neiging – ‘n aanduiding dat dit normaliseer.
Elvira Hattingh - “Die ‘Kersfees’ vir speenkalfprodusente is verby. Stygende brandstofpryse beïnvloed insetkoste, die prys vir beesvleis het gedaal en kan - soos die mielieprys - nie nóg laer sak nie. Iéts moet dus nou afkom en al wat oorbly, is die speenkalfprys.”
Mnr. Goliath Tujendapi, die Vleisraad van Namibië se handelsbestuurder, het tydens die die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) se 55ste kongres op 9 Oktober gesê vanjaar was ‘n uitsonderlike goeie jaar vir speenkalwers, maar daar is ‘n sterk aanduiding dat die speenkalfbedryf nou weer normaliseer.
“Dit beteken produsente gaan opnuut moet oorweeg of hulle weer osse gaan produseer of in die speenkalfmark bly,” het hy gesê.
Volgens hom was die plaaslike slagbedryf tydens 2017 onder druk, met Meatco wat minder as 82 000 beeste vir die jaar geslag het. Plaaslik is altesaam 172 000 beeste verslag, met die res wat na B- en C-klas abattoirs gegaan het, het hy gesê – beeste wat in die verlede ook aan Meatco gelewer is.
Tujendapi het statistiek gedeel wat wys dat die slagbedryf reeds sedert 2003 onder druk verkeer het omdat ál minder diere vir verslagting aangebied is.
“Tussen 2003 en 2007 het plaaslike abattoirs teen sowat 65% van hul kapasiteit geslag. Tussen 2008 en 2012 het die syfer op 59% gestaan en die afgelope vier jaar het dit verder na 46% gedaal.
“Sodra ‘n abattoir teen minder as 65% van sy slagkapasiteit moet werk, begin dit sy wins verweer,” het hy gesê.
INMENGING IN VRYE MARK
Altesaam 313 000 beeste het die afgelope jaar die land op die hoef verlaat nadat pryse vir speenkalwers met 33% verhoog het (in 2016 was dit 293 000 speenkalwers).
Tujendapi het gewys dat die pryse wat die afgelope jaar vir speenkalwers betaal is, beter was as die vyfjaargemiddeld, wat megebring het dat baie meer uitgevoer is.
“Gesprekke is gevoer oor die moontlike sluiting van die grense om te keer dat soveel speenkalwers uitvloei. Ons moet egter baie versigtig wees met so besluit en eers vasstel wat die nagevolge gaan wees.
“Die speenkalfsektor ondersteun die meerderheid produsente in die land, veral as dit by kommunale boere kom. Speenkalwers is ‘n direkte bron van inkomste vir hulle en as jy dié sektor weg vat, neem jy hul oorlewingsmetode weg.
“Die Vleisraad se standpunt is dat wanneer ons besluit om al die speenkalwers binne die land hou, moet dit nie op die produsent se koste gedoen word nie.
“As ‘n raad het ons besluit om nie te veel by die vrye mark in te meng nie omdat ons in die verlede gesien het dat wanneer abattoirs goeie pryse betaal, produsente hul diere daar aanbied.
“Tans is speenkalfpryse sowat N$28 per kg terwyl Meatco sowat N$42 per kg betaal, wat beteken die verhouding tussen speenkalfpryse en B2-beesvleispryse het verbeter en staan tans sowat op 65%. As die persentasie hoër as 65% is, raak dit moeilik vir abattoirs om regverdig te kompeteer,” het Tujendapi gesê.
UITVOERABBATOIRS IS NODIG
Hy sê Namibië het balans in die beesbedryf nodig.
“Ons het beide ‘n verslagtingsektor en ‘n speenkalfsektor nodig. Ons kan nooit sê dat ons nie uitvoerfasiliteite nodig het nie – kyk net wat het Suid-Afrika in 2016 met ons gedoen toe hulle begin het om gesondheidstoetse te vereis.Wie staan dan by jou in sulke omstandighede?
“Ons kan uitvoerabattoirs nie wegwens nie. Ons moet besluit watter beleide ons in die bedryf gaan instel om seker te maak dié fasiliteite asook produsente bly in besigheid.”
Die slagbedryf dra sowat N$1,4 miljard per jaar tot die ekonomie by, hoewel dié bedryf mededingendheid moet verbeter en meer kompeterende pryse moet betaal.
“Die speenkalfbedryf het in 2017 sowat N$1,3 miljard vir die land verdien. Die Namibiese speenkalfbedryf het in die vroeë 1990’s ontwikkel en is die enigste lewensvatbare produksiestelsel vir kommunale boere,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg dat die finansiele lewensvatbaarheid van voerkrale in Namibië moet versigtig bestudeer word sodat ons eie energievoeding in grootmaat ontwikkel kan word.
PLAASLIKE BEMARKING
“As jy na die langtermyn tendense in beesbemarking kyk, is ‘n duidelike afwaartse neiging sigbaar in beesprodukse. Die redes hiervoor is onder meer bosindringing en droogtes – ons moet kyk hoe ons hierdie uitdagings gesamentlik as ‘n bedryf kan takel.
Hy het gewys dat Namibië se bemarking van beeste vanjaar met sowat 5% sedert 2017 afgeneem het.
Namibië voer 85% van die beesvleis uit wat plaaslik geproduseer word. Volgens die sensus van 2016 is daar altesaam 3,1 miljoen beeste in die land, waarvan sowat 1,6 miljoen suid van die veterinêre kordonheining is en die res noord daarvan is.
Vanjaar het Meatco meer as 19 000 ton vleis uitgevoer, waarvan die meeste na Suid-Afrika gegaan het, gevolg deur Europa, Engeland, Noorweë en plaaslike markte.
INTERNASIONALE GELEENTHEDE
“Tydens die Wêreldvleiskongres is optimistiese vooruitsigte vir die beesvleismark gedeel, met ‘n verwagting dat produksie oor die volgende dekade met 9% sal verhoog. Verbruik sal na verwagting ook vergroot, veral in Asië waar die vraag na beesvleis in China na verwagting toenemend sal groei,” het Tujendapi gesê.
Volgens hom sal handel in beesvleisprodukte met 20% oor die volgende dekade groei. “Pryse is egter steeds onder druk as gevolg van die globale ekonomiese situasie. Die sterkste groei in beesvleisuitvoere (in dié geval buffelvleis) sal na verwagting uit Indië en Suid-Amerika kom,” het hy gesê.
SKAAPSEKTOR OP SY KNIEË
Tujendapi het benadruk die skaapsektor is op sy knieë. Hy het getoon dat die prysverskil wat plaaslike abattoirs versus uitvoermakte vanjaar vir skape betaal het, in die A2-klas N$9 laer was en in die C2-klas N$8 laer.
“Dit is goed dat ‘n land beleide en strategieë het, maar alle beleide kan skuiwergate hê. Ons moenie toelaat dat die toepassing daarvan sulke kritieke situasies skep soos dit tans die geval met die skaapbedryf is nie.
“Ons moet die vermoë hê en aanpasbaar genoeg wees om sodra ons ‘n probleem identifiseer, dit vinnig reg te stel,” het hy gesê.
“Die Vleisraad het in Julie vanjaar ‘n besluit geneem dat die skaapskema opgeskort moet wordmaar al ons besluite moet eers deur die regering erken en verwelkom word.
“Dit blyk dat hulle verstaan wat ons sê, maar die antwoord ontbreek oor watter alternatief om te skep as ons die skema opskort,” het hy gesê.
NUWE TOETREDERS TOT VARKBEDRYF GESOEK
Tujendapi sê voorts die beskerming wat die varkbedryf as ‘n ontluikende sektor oor die afgelope sewe jaar geniet het, verval volgende jaar en oorweging moet geskenk word of die beskerming verleng gaan word.
Volgens hom kry die bedryf nie nuwe toetreders nie – iets wat 'n sleutel tot die besluit sal wees of die bedryf se beskerming verleng moet word.
“Ek is nie seker hoekom ons nie nuwelinge in die bedryf kry nie. Produsente geniet dan beskerming as dit by die prys kom wat aan hulle betaal word en hulle is verseker van ‘n mark of afset vir hul produkte.”
Hy meen hoë voerkoste en die intensiteit van die boerdery dra moontlik daartoe by dat die sektor nog ‘n baie klein bedryf in Namibië is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie