Kersgeskenke vir reise nde babas
Kersgeskenke vir reise nde babas

Kersgeskenke vir reise nde babas

Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee – “Dis nie ’n onbekende gesig nie. Jy pak die lang pad aan om vakansie te gaan hou en ’n voertuig steek jou verby. Die groot mense is veilig vasgegespe in hul sitplekke voor in die kar, maar agter spring die kinders rond. As enigiets verkeerd gaan, wat dan?” vra mnr. Sidney Boois, senior bestuurder: eisebestuur van die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) tydens die oorhandiging van tien karstoeltjies aan die fonds deur M+Z Motors.

Die MVAF het onlangs ’n beroep op maatskappye gedoen om die fonds se padveiligheidsveldtog tydens die feesseisoen te ondersteun. M+Z het gereageer met ’n skenking van stoeltjies ter waarde van N$15 000.

“Die MVAF het ons genader en ons is baie opgewonde om deel te wees van die bewusmakingsveldtog om kinderveiligheid in voertuie te verseker,” het me. Natalie Schroeder, verkoopbestuurder by M+Z Motors gesê.

Die tien karstoeltjies word na padblokkades landwyd gestuur waar MVAF-beamptes in die komende weke dit aan motoriste sal oorhandig wat nie daaroor beskik nie.

Die ouers sal in die maande daarna gekontak word sodat hulle hul ervarings ná die skenking met die publiek kan deel.

“M+Z het ook onderneem om elke jaar soortgelyke skenkings te maak omdat padveiligheid belangrik is. Ons beskou die MVAF as ’n noodsaaklike vennoot in dié verband,” het Schroeder gesê.

“Iets so eenvoudig soos ’n veiligheidsgordel en karstoeltjie kan die kanse van ’n ernstige besering met soveel as 40 tot 60 persent verminder. Padveiligheid is nie net die MVAF of die polisie se verantwoordelikheid nie. Dit is ons almal s’n,” het Boois afgesluit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!