Kerskous-keuses
Na verre hawens
Hennie van Deventer
Hennie van Deventer volg die spoor van die Melody deur gevaarlike waters langs die Oos-Afrikaanse kus tot die Suezkanaal waar bote deur oseane van woestynsand kortpad vat.
Die leser word verras met verhale van Japanse puntenerigheid, Russiese “strand-apartheid” en die skrywer se eie “Oceanos-storie”.
Onvergeetlike hawens word herbesoek: die hiperaktiewe New York, sierlike Sydney en Kotor waar Noorweegse fjords en die Middellandse See as ’t ware ontmoet.
Sowat 60 000 mense vaar elke somerseisoen langs ons kuste. Die Van Deventers het dit met vyfjarige tweelingkleinseuns gedoen – en elke minuut was ’n fees.
Sushi en shosholoza
Erns Grundling
In 2018, kort op die hakke van sy topverkoper-memoires oor die Camino, Elders, en die kykNETreeks Elders: Die Camino, reis Erns Grundling met ’n TV-span na Japan om ’n nuwe Elders-reeks te gaan verfilm.
Dié keer oor die land waar die Wêreldbeker-rugbyternooi van 2019 plaasvind.
Sushi en shosholoza is sy verslag van die reis – nie gebaseer op die TV-reeks nie, dog aanvullend daartoe.
Tussen pelgrimstogte soos die Koemano Kodo, die Camino se sustersroete, die uitklim van die berg Foedji en onderhoude met Suid-Afrikaanse rugbyspelers in Japan, kry lesers nes in Elders terugflitse na Grundling se jeug.
Iemand wat verdrink
Fanie Viljoen (samest.)
Iemand wat verdrink bevat kortverhale van ’n aantal bekende skrywers, soos Marita van der Vyver, Fanie Viljoen, Nathan Trantraal en Nanette van Rooyen.
Jong stemme soos Mercy Kannemeyer, Almero Welgemoed, Corinne Raath en Arleen Stone is ook opgeneem.
“Die bundel bevat stories wat so aangrypend is, jy sal als in een slag wil klaar lees sodat jy iemand word wat verdrink in stories,” meen die uitgewer.
Trefferboeke soos Slym, Klou, Betower, Bravo, Lulu, Aksieheld Austin en die Nova-wetenskapfiksiereeks het van Fanie Viljoen ’n huishoudelike naam gemaak. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie