Kersliggies verhelder Katutura

Tanja Bause
Tanja Bause

Elke jaar skakel die burgemeester Kersligte in Windhoek se middestad aan.

Dié jaar is egter besluit om dit in Katutura op te sit en dié feesligte is Maandagaand deur die adjunkburgemeester aangeskakel.

Honderde opgewonde kinders en volwassenes het die geleentheid bygewoon.

Pastoor Haruna Goroh het gesê hy is baie opgewonde dat die ligte die jaar in Katutura – waar die mense is – aangeskakel word en dit as ’n besonderse oomblik beskryf. Ek wag al lank hiervoor en nou beleef ek dit,” het hy gesê.

Hy het in sy boodskap gesê Kersfees is nie ’n tyd om alkohol of dwelms te misbruik nie.

“Dit is ook nie die tyd om aan te rand, te slaan en te moor nie. Dit is egter ’n tyd om vreedsaam saam met jou familie deur te bring. Kinders herinner julle ouers om kerk toe te gaan en nie sjebeens toe nie,” het hy gesê.

Ná sy boodskap het die gaste Kersliedere saam met George Longane gesing, voordat die adjunkburgemeester, me. Clemencia Hanases, die burgemeester, mnr. Job Amupanda, se toespraak voorgelees het. Die burgemeester het ’n uur na die amptelike opening nog nie opgedaag het nie. Hanases het die ligte aangeskakel en die kinders met soetgoed en koeldrank bederf.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 29° Ruacana: 20° | 32° Tsumeb: 19° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 19° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 26° | 38° Keetmanshoop: 24° | 38° Aranos: 25° | 37° Lüderitz: 18° | 33° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 16° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 34° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 20° | 26° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 27° #REF! #REF!