Keurders sif deur beste skoletalent
Die saadjies vir 'n suksesvolle deelname aan vanjaar se Cravenweek en ander toernooie word dié week geplant.
Goeie vertonings by die nasionale proewe vandag en môre kan bepalend wees vir skolerugbyspelers in die ouderdomsgroepe onder 16 en o.18 wat aspirasies koester om Namibië in vanjaar se provinsiale toernooie in Suid-Afrika te verteenwoordig.
Die uiteindelike geelwortel vir o.16's sal wees om plekke in die Namibiese spanne oop te speel wat aan die Grant Khomo-week (10-14 Julie in Bloemfontein) gaan deelneem.
Die o.18 Cravenweek word vanjaar by St. Stithians in Johannesburg aangebied. Dit word gesamentlik met die o.18 Akademieweek (die volgende beste vlak, wat dikwels die teelaarde is om die jonger spelers vir die volgende jaar se Cravenweek te slyp) gehou.
Die streekspanne van //Kharas, Hardap, Khomas, Erongo en Noorde is reeds saamgestel vir die proewe wat vandag by die Hage Geingob-stadion begin.
Enige oorblywende spelers wat nie ingesluit was nie, was welkom om afgelope Saterdag hul kanse lewendig te hou. Proewe is aangebied waar twee uitnodigingspanne (Sollie Duiker o.16 en Hage Geingob o.18) saamgestel is om vir die nasionale proewe aan te tree.
Môre word die nasionale proewe omstreeks 14:00 afgesluit, waarna oefengroepe in die twee ouderdomsgroepe bekend gemaak sal word.
Vir die uitgesoekte spelers sal die oefenkamp (verpligtend vir o.16's en o.18's) komende Woensdag tot Vrydag plaasvind, voor die aankondiging van die spelersgroepe vir die genoemde drie provinsiale rugbyweke.
• By verlede jaar se o.18 Cravenweek in Durban het die jong Namibiërs in hul openingswedstryd vir Griekwas met 54-36 geklop. Die reserwekrag het in die volgende wedstryd egter onder skoot gekom in 'n nederlaag met 15-51 teen 'n kragtige Pumas-span. Die toernooi is afgesluit met 'n oorwinning van 34-3 teen Zimbabwe.
Die o.18 Akademiespan het met 'n oorwinning teen die Rooi Valke begin (34-15), maar het daarna teen die Boland (28-37) en die Oostelike Provinsie (15-17) verloor.
DIE SOLLIE DUIKER O.16 UITNODIGINGSPAN
15 Coburn Claasen (Windhoek Gimnasium)
14 Giano Groenewald (Windhoek Gimnasium)
13 Steward Möller (WHS)
12 Xander Praetorius (Paul Roos Gimnasium)
11 Hanjo Haasbroek (Windhoek Affies)
10 Geraldo Beukes (WHS)
9 Peresel Hansen (Danie Joubert)
8 Forche Windston (kapt, Danie Joubert)
7 Kyle Head (Windhoek Affies)
6 Rowan Jansen (WHS)
5 Shaquille du Toit (Windhoek Affies)
4 Zeenio Boboje (WHS)
3 Hugo de Koe (WHS)
2 Kobus Wilders (Windhoek Affies)
1 Lourie du Plessis (Privaatskool Moria)
Reserwes: 16 Rikus van Staden (WHS), 17 Sergio Boois (WHS), 18 Isalla Isaac (Noordgrens), 19 Rivaldo Bampton (WHS), 20 Daniel van der Westhuizen (WHS), 21 Jason Wellmann (Walvisbaai Privaatskool), 22 Raschano van Rooi (Windhoek Gimnasium), 23 Dylan Coetzee (Windhoek Affies).
DIE HAGE GEINGOB O.18 UITNODIGINGSPAN
15 AJ Zahl (WHS)
14 Romario Janga (WHS)
13 Damian Resandt (WHS)
12 Brendon Coetzee (WHS)
11 Johanco le Roux (WHS)
10 Xander Coetzee (WHS)
9 Shaquille Januarie (WHS)
8 Don-Ray Botha (WHS)
7 Bernardt Wessels (Windhoek Affies)
6 De Wet Oosthuizen (Windhoek Affies)
5 Lorenzo Groenewald (Pro-Ed)
4 Adriaan Venter (kapt, WHS)
3 Jurgen-Leigh Human (Windhoek Affies)
2 Shaun van Wyk (WHS)
1 Adriaan Esterhuizen (WHS)
Reserwes: 16 Zain Feris (Windhoek Gimnasium), 17 Rijaruka Mauriungirire (Windhoek Gimnasium), 18 Izak van der Merwe (WHS), 19 Morgan Krohne (WHS), 20 IJ Grobbelaar (Tsumeb Gimnasium), 21 Herman Steyn (Windhoek Affies), 22 Johan Zaayman (Windhoek Affies), 23 Morgan Esterhuizen (Windhoek Gimnasium).
VANDAG SE WEDSTRYDPROGRAM
08:00 Khomas tn //Kharas (o.16)
08:30 Khomas tn //Kharas (o.18)
09:00 Noorde tn Erongo (o.16)
09:30 Noorde tn Erongo (o.18)
10:00 Sollie Duiker tn Hardap (o.16)
10:30 Hage Geingob tn Hardap (o.18)
11:00 Khomas tn Sollie Duiker (o.16)
11:30 Khomas tn Hage Geingob (o.18)
12:00 Hardap tn Noorde (o.16)
12:30 Hardap tn Noorde (o.18)
13:00 Erongo tn //Kharas (o.16)
13:30 Erongo tn //Kharas (o.18)
14:00 Khomas tn Hardap (o.16)
14:30 Khomas tn Hardap (o.18)
15:00 Erongo tn Sollie Duiker (o.16)
15:30 Erongo tn Hage Geingob (o.18)
16:00 //Kharas tn Noorde (o.16)
16:30 //Kharas tn Noorde (o.18)
ONDER 19'S OOK BEPROEF
Proewe vir die nasionale o.19-groep word ook vandag vanaf 10:00 by die Trustco United-veld gehou.
Alle spelers wat in die kalenderjaar 1998 gebore is, of o.18's wat nie in streekspanne of in die Hage Geingob-uitnodigingspan ingesluit is nie, mag deelneem.
Organiseerders van Suid-Afrika se provinsiale o.19-toernooi het Namibië genooi om vroeg in Julie drie wedstryde by die byeenkoms op Potchefstroom te gaan speel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie