Keuse van motors in SA 'grootste ter wêreld'
Suid-Afrikaners het 'n groter keuse van motors as omtrent enige ander nasie ter wêreld.
Dr. Norman Lamprecht, uitvoerende bestuurder van die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers (Naamsa), het die afgelope week gesê dat die Suid-Afrikaanse mark die grootste verskeidenheid motormodelle ter wêreld tot sy beskikking het in verhouding tot die grootte van die mark.
Verlede jaar het aan passasierskant 55 handelsname (soos Toyota, Audi en Volkswagen) hier meegeding en was daar 3 458 modelvariante (soos die 1.4-liter-of 1.6-liter-Polo, en petrol of diesel, outomaties of handrat) om uit te kies.
Terselfdertyd was daar 36 handelsname en 736 modelvariante van ligte handelsvoertuie (bakkies) om uit te kies.
Volgens Lamprecht, wat ook die uitvoerende hoof is van die Motorbedryf-uitvoerraad (AIEC), word slegs een of twee modelle waarvoor daar uitvoerkontrakte is, deur elke voertuigvervaardiger plaaslik vervaardig. Ander modelle word dan ingevoer om die vervaardigers se modelreekse in die plaaslike mark aan te vul.
“As gevolg van die beginsel om produksiemodelle te rasionaliseer onder die motorsteunprogramme sedert 1995, het die hoeveelheid platforms (waarop verskillende model-variante dan gebou word) in Suid-Afrika die afgelope twee dekades verminder van 42 tot 13.”
In 2016 is vier motormodelle plaaslik vervaardig waarvan meer as 80 000 eenhede elk van produksielyne gerol het. Van een is meer as 100 000 eenhede gebou.
“Rekordvoertuiguitvoer van 344 859 eenhede, of 60% van plaaslik vervaardigde voertuie, het produksievolumes ondersteun toe die nuwevoertuig-verkope in die plaaslike mark die afgelope drie jaar gedaal het.”
Die grootste land van oorsprong vir ingevoerde voertuie na Suid-Afrika in 2016 was Indië, van waar meer as 74 000 passasiers- en ligte handelsvoertuie (of 25,3% van totale voertuiginvoere) ingevoer is.”
Van die klein passasiersvoertuie word net twee, die Polo Vivo (VW) en Chevrolet Spark (General Motors, GM), in Suid-Afrika vervaardig.
Die vervaardiging van Chevrolet-voertuie word die einde van die jaar gestaak omdat GM verlede maand sy onttrekking aan Suid-Afrika aangekondig het.
Markleier
Toyota was in 2016 vir die 37ste agtereenvolgende jaar die algehele markleier in die land met 'n markaandeel van 21,4%, gevolg deur Volkswagen (15,8%) en Ford (13,5%).
Nege van die tien topverkopers in 2016 is plaaslik vervaardig. Daaronder was ses bakkies en vier passasiersvoertuie. Die enigste ingevoerde model onder die toptien was die Toyota Etios (Indië).
Die Toyota Hilux was die topverkoper (35 428 eenhede), gevolg deur die Ford Ranger (32 428).
Lamprecht sê VW het die firma se oorheersende plek in die passasiersegment gehandhaaf met die Polo Vivo- en Polo-modelle.
Verkope van elektriese voertuie soos die BMW i3 en Nissan Leaf het van 79 eenhede in 2015 tot 41 in 2016 gedaal. Die persentasie van verkope is soortgelyk aan dié in ander lande.
Afrika
Lamprecht sê hoewel 60% van voertuigproduksie uitgevoer word (hoofsaaklik na Europa en Amerika), bly Afrika 'n voorkeurfokus vir die plaaslike bedryf. Uitvoere na 38 Afrikalande het verlede jaar egter afgeneem weens regulatoriese en ekonomiese kwessies.
Volgens internasionale syfers is 1,31 miljoen nuwe voertuie in 2016 in Afrika verkoop. In 2015 was dit 1,55 miljoen en in 2014 1,72 miljoen eenhede.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie