Kevin Lerena oorleef heli-ongeluk
Kevin Lerena oorleef heli-ongeluk

Kevin Lerena oorleef heli-ongeluk

Boks
Kevin Lerena, die Internasionale Boksorganisasie (IBO) se kampioen in die junior swaargewigklas, het met net ligte beserings weggekom ná ’n helikopterongeluk die naweek buite Johannesburg.
Lerena, wat verlede jaar met sy opleiding begin het om ’n helikoptervlieënier te word, is volgens sy promotor, Rodney Berman, “orraait” en sal steeds in April in aksie wees.
Die Suid-Afrikaner sal dan teen Bilal Laggoune van België by Emperors Palace in Kempton Park boks.
Die geveg sou eers op 13 Maart plaasgevind het, maar word nou vir vroeg in April beplan.
Lerena en sy instrukteur was in die helikopter toe dit neergestort het.
• Nog ’n junior swaargewigbokser, Muhammad Aslam (Pakistan), was egter minder gelukkig en is ná ’n geveg in Karatsji dood.
Aslam se dood word ondersoek. Hoewel die 26-jarige bokser al aan twee beroepsgevegte deelgeneem het, was sy kragmeting met Mohammad Wali volgens die televisiekanaal Dunya News ten bate van liefdadigheid.
Pakistan se boksfederasie sê hy het niks te doen gehad met die toernooi waarin Aslam dood is nie.
Verskeie plaaslike boksers het intussen na vore gekom en vertel dat daar nie behoorlike mediese ondersoeke voor sulke toernooie gehou word nie.
– Netwerk24


FOTO
Kevin Lerena het in die naweek net ligte beserings in ’n helikopterongeluk opgedoen. Foto Gallo Images

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!