Khan: Afghaanse vlugtelinge kan Pakistanse burgers word
Khan: Afghaanse vlugtelinge kan Pakistanse burgers word

Khan: Afghaanse vlugtelinge kan Pakistanse burgers word

Imran Khan, voormalige krieketspeler en nuutaangestelde premier van Pakistan, het burgerskap aan 1,5 miljoen Afghaanse vlugtelinge beloof.

Volgens The Guardian het Pakistan die grootste aantal vlugtelinge in die wêreld, met sowat 2,7 miljoen wat uit Afghanistan kom. Die meerderheid van dié vlugtelinge het na Pakistan gestroom gedurende die Russiese inval van 1979, terwyl ander weens geweld en ekonomiese onrus gevlug het.

Khan het Sondag tydens ’n besoek aan Karatsji burgerskap beloof aan Afghane wie se kinders in die land gebore en opgevoed word, “omdat dit die gebruik is oral oor die wêreld heen”.

“Hulle is mense. Hoe kan ons hulle vir 30 of 40 jaar lank daarvan weerhou om burgerskap of ’n paspoort te kry?”

HOë MISDAADSYFER

Khan het volgens The National ook burgerskap aan vlugtelinge uit Bangladesj belowe. Pakistan is die tuiste van ongeveer 200 000 Bangladesji’s.

MSN berig dat Khan wel erken het dat vlugtelinge daartoe bydra dat “’n laer klas” in Karatsji ontwikkel het, wat lei tot die hoë misdaadsyfer in dié megastad met bykans 20 miljoen inwoners.

Staatsamptenare het Maandag Khan se beloftes aan Afghaanse vlugtelinge bevestig, maar gesê ’n konsepbeleid sal eers vir die kabinet opgestel moet word voordat wetgewing daarvoor geskryf en dit in die parlement bespreek kan word. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!