Khashoggi: Saoedi-adel draai glo teen prins ná moord
CNN berig Trump en ander wêreldleiers is huiwerig om teen Saoedi-Arabië op te tree omdat ’n goeie verhouding met dié land van strategiese belang is.
Die wêreld is woedend oor die moord op die joernalis Jamal Khashoggi en die kroonprins van Saoedi-Arabië is besig om dit te ontgeld, berig Reuters in ’n eksklusiewe berig wat Dinsdag gepubliseer is.
Khashoggi is op 2 Oktober vermoor toe hy die Saoedi-Arabiese konsulaat in Istanboel besoek het om skei-dokumente te kry omdat hy weer wou trou.
Sommige lede van die regerende familie wil nou keer dat
Mohammed bin Salman (ook bekend as MbS) koning word, het bronne na aan die koningshuis gesê.
Talle prinse en neefs wil glo toesien dat hy nie sy pa, koning Salman (82), opvolg nie. Hulle wil egter glo niks doen terwyl die koning nog lewe nie, want hulle dink nie dat hy teen sy seun sal draai nie.
Blykbaar word die moontlikheid bespreek dat die koning se jonger broer, prins Ahmed bin Abdulaziz (76), hom opvolg.
Die familie bestaan uit honderde prinse en daar bestaan nie soos in Europa ’n troonopvolgingslyn van pa na die oudste seun nie. Hul benadering is demokraties.
Die Amerikaners steun Ahmed glo ook as opvolger.
Een senior Withuis-amptenaar meen egter nie dat Amerika haastig is om hom van MbS te distansieer nie, al meen die intelligensiediens (CIA) dat Khashoggi op sy bevel vermoor is.
Pres. Donald Trump het Saterdag gesê die CIA se bevinding is “baie voortydig” dog “moontlik”. Hy sal later Dinsdag ’n volledige verslag daaroor ontvang.
Trump weier egter om na ’n klankopname van Khashoggi se moord te luister en het aan Fox News (HYPERLINK) gesê dit is omdat dit gewelddadig, wreed en aaklig is.
WêRELDLEIERS HUIWERIG
CNN berig Trump en ander wêreldleiers is huiwerig om teen Saoedi-Arabië op te tree omdat ’n goeie verhouding met dié land van strategiese belang is en die voordele van ’n betroubare verskaffer van olie en lonende wapentransaksies behels.
Volgens CNN verkies die meeste Westerse lande om eerder druk op Saoedi-Arabië uit te oefen om die oorlog in Jemen te beëindig as om in konflik met die land te wees.
Die Verenigde Nasies (VN) sê die oorlog in Jemen tussen die VSA-geleide koalisie met Saoedi-Arabië aan die een kant, en Iran, wat die Hoethi’s steun, aan die ander kant, het die ergste mensgemaakte ramp nóg veroorsaak.
Die VN meen dat Saoedi-Arabië in die beste posisie is om die oorlog te beëindig.
CNN berig dat heelparty lede van die Amerikaanse kongres ongelukkig is daarmee dat Trump so traag is om teen Saoedi-Arabië op te tree nie.
’n Groep kongreslede, wat uit beide Demokrate en Republikeine bestaan, het ’n wetsontwerp ingedien wat vra dat strenger sanksies teen Saoedi-Arabië ingestel word wat die VSA verbied om dié land se vliegtuie in die oorlog teen Jemen van brandstof te voorsien.
The Guardian sê Duitsland het ’n reisverbod ingestel teen die 18 Saoedi-Arabiërs wat glo met die moord op Khashoggi verbind word.
Heiko Maas, Duitsland se minister van buitelandse sake, sê Frankryk en Brittanje steun die verbod en dit geld al 26 lande wat deel van die Schengen-sone uitmaak. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie