Khashoggi se lyk 'opgesny, in 5 tasse weggedra'
Khashoggi se lyk 'opgesny, in 5 tasse weggedra'

Khashoggi se lyk 'opgesny, in 5 tasse weggedra'

Buitelandse sake- en regeringslui vermy Saoedi-Arabië ná die verdwyning van Khashoggi.
Die vermoorde joernalis Jamal Khashoggi se lyk is opgesny en in vyf tasse na die Saoedi-­Arabiese konsul se huis naby die Saoedi-konsulaat in Istanboel gebring, berig die Turkse pro-regeringskoerant Sabah.

Khashoggi het die Saoedi-­konsulaat in Istanboel op 2 Oktober binne­gegaan en is na bewering ­onmiddellik verwurg.

Ongeïdentifiseerde amptenare het aan Sabah gesê dat Maher Mutreb, Salah Tubeigy en Thaar al-Harbi die drie sleutelfigure was in die huurmoordspan van 15 lede wat die lyk opgesny en verwyder het.

Buitelandse sake- en regeringslui vermy Saoedi-Arabië ná die ver­dwyning van Khashoggi.



KONINKLIKE WAG

Mutreb is verwant aan die Saoediese kroonprins, Mohammed bin Salman, ook bekend as MBS, terwyl Tubeigy die hoof van die ­Saoedi-wetenskapsraad vir forensiese ondersoeke en 'n kolonel in die ­Saoedi-weermag is.

Al-Harbi is luidens berigte verlede jaar tot luitenant in die koninklike wag van die kroonprins se paleis bevorder. Die jongste inligting oor Khashoggi stem ooreen met pres. Recep Tayyip Erdogan van Turkye se verklaring waarin hy sê hy glo dat die opdrag om die joernalis te vermoor op die hoogste vlak van die Saoedi-regering gegee is.

In 'n meningstuk in The Washington Post sê Erdogan hy het 'n beroep op Saoedi-Arabië gedoen om al die onbeantwoorde vrae oor Khashoggi se dood nou te beantwoord.

“Ons moet die poppemeesters ontmasker wat vir Khashoggi se dood verantwoordelik is.”



SEUNS LEWER PLEIDOOI

Intussen het die vermoorde joer­nalis Jamal Khashoggi se seuns in 'n onderhoud met CNN 'n pleidooi gelewer om hul pa se lyk te kry. Hulle wil hom graag 'n ordentlike ­Islamitiese begrafnis gee.

Abdullah en Salah Khashoggi sê hulle het min inligting en die geheimsinnigheid oor sy dood plaas die familie onder druk. Salah sê mense dink hulle het antwoorde, maar ongelukkig het hulle dit nie.

Abdullah sê die familie kan nie normaal rou oor Jamal se dood nie, omdat die moord internasionaal opslae maak.

Salah sê in die onderhoud hy het met die regering van Saoedi-Arabië gepraat om Jamal daar te begrawe. Salah sê koning Salman het belowe dat die moordenaars tot verantwoording gebring sal word.

– Netwerk24/Al Jazeera/CNN

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!