Khat van R355 000 in vragmotor gevind
Die Suid-Afrikaanse polisie op Beaufort-Wes in die Wes-Kaap het beslag gelê op meer as 3 000 bondels van die dwelm khat wat in 'n vragmotor versteek was. Die waarde word op meer as R355 000 geraam. Khat, catha edulis, is 'n blomplant afkomstig van die Horing van Afrika en die Arabiese skiereiland. Frans Mathebela (52), Aubrey Godi (44), Sossias Makhiyana (38) en Joseph Sithole (22) het in die landdroshof op Beaufort-Wes verskyn. Foto Netwerk24
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie