#Khoadi-//Hu00f4as wen internasionale prys
#Khoadi-//Hu00f4as wen internasionale prys

#Khoadi-//Hôas wen internasionale prys

Grootberg Lodge en sy bewaringsgebied is as die mees volhoubare toeristebestemming op die vasteland aangewys.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die #Khoadi- //Hôas-bewaringsgebied is as een van die wêreld se topsewe volhoubare toeristebestemmings van 2020 aangewys.

Dié bewaringsgebied, wat in vennootskap met Grootberg Lodge in die Kunenestreek is, sou hul internasionale Green Destinations-toekenning op 4 Maart by die Internasionale Toerismeskou (ITB) in Berlyn ontvang het, maar weens die Covid-19-pandemie is dit gekanselleer.

Die #Khoadi-//Hôas-bewaringsgebied is as die mees volhoubare bestemming in Afrika aangewys en sal nou hul toekenning by Green Destinations se jaarlikse konferensie in Oktober in Bodrum in Turkye ontvang.

Aanvanklik is 21 finaliste vir volhoubare toerisme aangewys, waaruit sewe wenners gekies is.

Die ander ses wenners in die verskillende kategorieë is: Die drie eilande Schouwen-Duiveland, Goeree-Overflakkee en Westvoorne, geleë in die suidwestelike delta van Nederland, het met die ITB Aarde-toekenning weggestap; Douglas Shire in Australië is die beste in gemeenskappe en kulture; Azores in Portugal het die beste natuurtoekenning weggeraap; Yilan aan die noordoostelike kus van Taiwan is die beste in die Stille Oseaan; Vail in Colorado is die beste in die Amerikas en Slowenië is die beste in Europa.

"Die wêreld se topsewe volhoubare bestemmings bied gehalte, aantreklikheid en volhoubaarheid in toerisme. Plaaslike gemeenskappe is by toerisme betrokke en die probleem van oortoerisme, soos in baie ikoniese plekke, word vermy," lui 'n verklaring van Green Destinations.

Grootberg Lodge en die #Khoadi-//Hôas-bewaringsgebied se wenresep is hul uitstekende samewerking om natuurlike hulpbronne in hul gebied te beskerm. Mens-dier-konflik word suksesvol getakel deur 'n Wildlewefonds wat deur Grootberg Lodge gestig is om bewusmaking onder gemeenskappe te bevorder.

Die lodge skenk N$25 aan die Wildlewefonds vir elke gas wat 'n roofdier, olifant of renoster by die lodge sien. Die fonds vergoed derhalwe gemeenskappe wat skade weens mens-dier-konflik gely het. Die fonds dra ook by tot die oprigting van beskermde veekrale en waterpunte vir wild.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!