Khomas-atlete raap 97 medaljes op
Die Namibiese Skolesportunie (NSSU) het die afgelope naweek sy nasionale Coca-Cola atletiekkampioenskap op Swakopmund aangebied, waarna ’n span saamgestel is om Namibië volgende maand by dieselfde plek in die Cossasa-spele te verteenwoordig.
Khomas het in die spankompetisie vir die beste vertonings gesorg toe hy met 31 goue, 28 silwer- en 38 bronsmedaljes geseëvier het. Erongo het die naasbeste oes met 16 goue, elf silwer- en 8 bronsmedaljes gelewer.
By die junior en senior meisies is twee hoogspringers, Chrislene Klein van Erongo en Natalie Louw van Khomas, onderskeidelik as die beste veldatlete aangewys, terwyl die verspringers Kapesana Ndjai (Kunene) en Arno Blaauw (Erongo) onderskeidelik as die beste junior en senior veldatlete by die seuns bekroon is.
In die baanitems was Uaroldkuani Lucas (Omaheke) die beste junior meisie met haar vertoning in die 800 m, terwyl Henryke Garbers van Khomas as senior met haar 400 m-tyd die kroon gespan het. By die junior seuns het Paul Joubert (Kunene) in die 100m naelloop uitgeblink en Raymond Hummel (Erongo) het met die 200 m by die senior seuns as die beste na vore getree.
Die volgende atlete is in hul onderskeie ouderdomsgroepe as die beste presteerders aangewys:
Meisies- en seuns o.13: Jandia van Dyk (Khomas) en Toivo Hauwanga (Hardap).
Meisies- en seuns o.15: Natalie Louw (Khomas) en Raymond Hummel (Erongo).
Meisies- en seuns o.17: Henryke Garbers en Warren Ludwig (beide Khomas).
Meisies- en seuns o.19: Katja Veitor en Timo Dresselhaus (beide Khomas).
Die junior victrix en victor ludorum-trofeë was onderskeidelik aan Jandia van Wyk (Khomas) en Raymond Hummel oorhandig, terwyl die senior victrix en victor ludorum aan Henryke Garbers en Warren Ludwig gegaan het.
Die Cossasa-spele vir o.13’s en o.17’s word vanaf 12 tot 15 Mei in Swakopmund aangebied. Ongeveer 600 atlete van Botswana, Lesotho, Namibië, Swaziland en Zimbabwe sal sake op die atletiekbaan uitspook.
Die Namibiese uitsoekspan van 85 atlete is:
Seuns o.13: Konstantin Schinder, Jean-Henry Rispel, Dante Beukes, Francois Kotze, Anthony Vries (almal Khomas), Toivo Hauwanga en Roberto Kooper (Hardap), Kapensana Ndjai en Paul Joubert (Kunene), Kamuzandu Thebenyane en Jacob Hariseb (Omahake), Keanu Gonteb, D. Derks, Z. Kanyangzela en Timothy Faul (almal Erongo), MJ Atkinson, Jan van Dyck, Rykie Erasmus en Jan van Dyk (almal Otjozondjupa).
Meisies o.13: Chrislene Klein, Rouche Venter en Bianca Booysen (almal Erongo), Jaime van Wyk, Murine Claasen en Anna-Marie Kohima (Hardap), Cayleen Cloete, Jandia van Wyk en Carolson Samuel (Khomas), Rouxnique Vermeulen en Edelle van Zyl (Otjozondjupa), Crisel Jenkins (Karas), Louisa Kauhonwa, Sallote Moses en Padelia Abraham (Ohangwena), Lukas Uaroldkuani (Omaheke), Ischce Wahl (Oshikoto).
Seuns o.17: Warren Ludwig, Jurgen-Leigh Human, Jiaan Beukes, Benhardt Wessels, Ivan Geldenhuys, Nico Horn, Carl Schmidt, Denzo Bruner en Victor Halweendo (almal Khomas), Andries Arnoldo, Julie Hayden, Hitewa Nakapela en Raymond Hummel (Erongo), Tuhafeni Nepolo (Ohangwena), Wilbard Nghaongoloka (Oshana), Ryan Williams (Omaheke), Anana Samuntu (Otjozondjupa), George Dex, Dawid Bock, Sardo Diergaardt, Zuriel April, William Freyer, CJ Agenbach en De Masch Benz (almal Hardap), Jaco Labuschagne (Kunene), Blasius Kaveto (Kavango-Wes).
Meisies o.17: Henryke Garbers, Duré Boshoff, Sade de Sousa, Anjoné Swanepoel, Natalie Louw, Helena Shuumbwa, Arina Gous en Chantelle du Toit (Khomas), Kangumba Zemebruka, Louri-Anne Potgieter, Mariska Topnaar, Anja Barnard en Karlien Botha (Otjozondjupa), Matona Kalinasho en Rauna Haitope (Oshikoto), Selma Wilbard en Hendrina Silas (Ohangwena), Minette Turner en Simataa Perpetua (Erongo), Jesse Joseph (Hardap), Estie Brand (Kunene), Meriam Makanyala en Natalia Muhepa (beide Kavango-Wes), Elizabeth Kawana (Kavango-Oos), Julien van Zyl (Karas).
Die spanbeamptes is mnre. Fedelis Tibinyani (missiehoof, NSSU), David Andji (NSSU-verteenwoordiger), Deon Cloete (Hardap, oorhoofse spanbestuurder), David Nuseb (//Kharas, spanbestuurder seuns) en me. Ester Iita (Oshikoto, spanbestuurder meisies).
Die afrigters is mnre. Lucky Gawanab (Khomas, naellope), Elvis Thomas (Hardap, hekkies), Hennie Horn (Erongo, spronge), Henk Botha (Otjozondjupa, worpe) en Edward Kapewasha (Ohangwena, middelafstande).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie