Khomas kies bestuur
Khomas kies bestuur

Khomas kies bestuur

Augetto Graig
Die Khomas-streeksraad het verlede Vrydag sy bestuurskomitee verkies.

Me. Rachel Jacob is herkies as voorsitter, en mnre. Martin David, George Trepper en me. Inga Penina Ita is weer tot lede verkies. Die komitee se diens­termyn van twee en half jaar het in Mei verstryk.

In haar aanvaardingstoespraak het Jacob haar medestreekraadslede verseker van haar “standvastige ondersteuning van deurlopende ­programme en projekte wat daarop gemik is om die ­lewenstandaarde van ons mense te ­verbeter.

“Ek sal my uiterste doen om hierdie raad na die beste van my vermoë te lei, soos ons uitdagings van ­sosioëkonomiese aard en dienslewering in ons streek aanpak.”

Sy het haar dank uitgespreek vir die samewerking, advies en leiding wat sy ontvang het sedert sy twee jaar gelede as raadsvoorsitter oorgeneem het.

“Dit het my werk makliker en meer hanteerbaar gemaak. Ek weet dat ek nie herverkies is as gevolg van my eie werk alleen nie, maar as gevolg van ons gesamentlike pogings as 'n raad om Khomas 'n beter plek te maak.”

Jacob het raadslede herinner dat hulle geroep is om die belange van die mense bo hul eie te dien, en daarom deursigtig in alle sake moet wees.

“Ons kan nie die vertroue van ons mense wen en goeie verhoudings met hulle bou as ons nie deursigtig en daartoe verbind is om hul belange te dien nie.”

Kommentaar

Republikein 2025-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer