Khomas-pretdag 'n groot sukses

Ronelle Rademeyer
Augetto Graig - Die voorsitter van die Nasionale Raad en raadslid vir die Khomasdal-kiesafdeling, me. Margreth Mensah-Williams, het die naweek ''n pretdag vir die minder bevoorregte inwoners van onderskeidelik Agtste Laan en Sewende Laan in Otjomuise en Khomasdal aangebied.

Sy het by die Chairman Mao Zedong-skool in Otjomuise, hoop en vreugde aan ''n gemeenskap gebring wie se omgewing uit sinkhuisies en stofpaaie bestaan.

Hier is die bewyse van Namibië se status as een van die lande met die mees ongelyke inkomsteverdeling te wêreld baie ooglopend. Nogtans het inwoners stadig na die skool se saal gekom, eers net die kinders en later die bejaardes. Daar was ''n twyfel onder die genooide gemeenskap oor wat om te verwag.

By die saal was die verrassing nie net die oorhandiging van N$100 000 se skenkings aan 18

inkomste-genererende projekte nie, maar ook die teenwoordigheid van verskeie musiek- en sportsterre. Die projekte sluit in bak-, naaldwerk- en natuurlike medisyne-ondernemings wat in die betrokke gemeenskap ontstaan het.

Mensah-Williams het die gemeenskap aangemoedig om saam te werk in die gees van Harambee en armoede uit te wis. “Aan die einde van die dag is ons almal Namibiers. Ons is wel Khomasdallers, maar meer as dit is ons almal Namibiërs. Vandag is ''n dag van samekoms en hoewel ons in ''n wêreld leef waar mense mekaar dood maak, is ons mekaar se bewaarders. Ons moet ''n samelewing bou waar ons almal een is, waar ons ''n bord kos met ons bure kan deel. Ons moet onsself afvra, wat kan ek doen? Dit is amper Kersfees, ''n tyd van gee en van deel. Kom ons lag vandag saam eerder as om net bymekaar te kom om te huil,” het sy gesê.

Van die bekende persoonlikhede wat die geleentheid spesiaal gemaak het, was musikante soos Swart Baster en Tosh Tosh terwyl Harry (The Terminator) Simon ''n groep boksers gelei het om aan die dag se pret deel te neem. Die dag se sport het sokker en atletiek asook ''n middagete ingesluit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!