Khomas-streeksraad steun Geingob

Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee - Die uitvoerende bestuur van Swapo se Khomas-streeksraad het Vrydag hul goedkeuring van president Hage Geingob as enigste presidensiële ­kandidaat bekragtig.

“Die Khomas-streeksraad se leierskap ondersteun ­president Hage Geingob as die ­president van Swapo en president van Namibië. Ons wil die president die versekering gee ons sal hom ondersteun om die Namibiese huis te bou,” het mnr. Elliot Mbako, koördineerder van die Khomasstreek, tydens die byeenkoms gesê.

“Ons moet stabiliteit en ­koersvastheid behou as ons tot nasiebou wil bydra,” het hy gesê.

Me. Margareth Mensah-­Williams, voorsitter van die Nasionale Raad (NR), het gesê die byeenkoms is 'n historiese geleentheid.

Die Khomas-streeksraad is van die eerste om hul steun aan president Geingob te ­verklaar.

Kommentaar

Republikein 2025-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer