Khomasdal sê nee vir dwelms
’n Ondersteuningsgroep het 'n werkwinkel aangebied om die gemeenskap oor dwelms en nuwe euwels in te lig wat in Namibië kop uitsteek.
Cobie Bok – Die gemeenskap van Khomasdal is keelvol vir dwelms en het besluit die beste manier om dié monster te bestry, is om ingelig te wees.
Dít doen hulle deur die dwelms wat in hul omgewing misbruik word, te identifiseer en die faktore te verstaan wat daarmee gepaard gaan.
Die Circle of Friends-ondersteuningsgroep het verlede Saterdag ’n werkwinkel in Khomasdal aangebied om die gemeenskap met kennis toe te rus.
Onderwerpe soos hoe om verslaafdes te help, wat presies metamfetamien (tik) is, hoe ’n ouer met ’n geliefde wat dwelms misbruik moet kommunikeer, en meer is bespreek.
Insp. Maria Louw van die Namibiese polisie het die gemeenskap oor die werklikheid van dwelms in skole, kerke, die werkplek en tuis toegespreek.
Louw het by die gemeenskap gepleit om aan die stryd teen dwelms deel te neem.
Sy het vertel skoolkinders word as verkopers gebruik en verdien só op skool reeds ’n inkomste uit dwelms.
Dwelms soos dagga word teen N$30 per banksakkie verkoop, en ’n “klip” (rocks, ’n vorm van kokaïen) kos N$100.
“Ouers moet polisieman in hul eie huise speel en hul kinders goed dophou,” het Louw gesê.
In Suid-Afrika het ’n hofuitspraak die kweek en gebruik van dagga op jou eie perseel toegelaat, en in Zimbawe word die medisinale gebruik daarvan toegelaat, maar in Namibië is dagga egter steeds onwettig – selfs vir medisinale gebruik.
Dié wet geld reeds voor onafhanklikwording.
Baie navorsing is al oor die medisinale gebruik van dagga in ander vorme gedoen, maar die rook daarvan kan steeds verslawend wees en die gebruiker se konsentrasievermoë inperk, het Louw gesê.
Sy het ook die werklikheid bespreek dat dwelmgebruik dikwels met prostitusie gepaard gaan.
Nuwe neigings in Namibië
Afgesien van slaappille wat dikwels gebruik om “af te kom” van sommige dwelms af, word antiretrovirale middels deesdae fyngemaak en met Mandrax (metakoloon) gemeng vir ’n verhoogde seksdrang, sê Louw.
Metamfetamien (tik) steek ook al meer dikwels plaaslik sy aaklige kop uit.
Louw het ook genoem “bloutand” is ’n metode wat al meer onder verslaafdes gebruik word om die gevoel van “hoog wees” te deel. Dit behels dat die bloed van ’n gebruiker getrek word en in iemand anders ingespuit word.
“Namibië is ’n ashoop vir verskeie dwelms,” het sy gesê.
Tony Jarman van Circle of Friends het verskeie plaaslike kerke, Kanaal 7 en die plaaslike Spar vir hul bydrae tot die organisering van die werkwinkel bedank.
Vir meer inligting of hulp, kontak Circle of Friends by 081 338 9349 of Nick van Place of Serenity by 081 281 6632.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie