Kia bal vuis met stadsrakker
Die groep hoop sy nuwe Stonic is iets wat jong kopers met ’n aktiewe leefstyl graag wil hê.
Kia het pas die eerste sketse gewys van hoe sy nuwe Stonic, ’n baba-sportnuts, gaan lyk.
Die Stonic is ’n broodnodige nuwe model in die Koreane se portefeulje waar hy met gewilde rygoed soos die Nissan Juke, Renault Captur, Ford EcoSport en Mazda CX-3 sal moet meeding.
Dit is tans die warmste, snelgroeiendste segment en elke vervaardiger probeer ’n hap van die koek kry. Kia se Soul – al in sy tweede weergawe – is eerder ’n veeldoeler as ’n sportnuts, maar het nooit watwonders verkoop nie.
Die Stonic sal op dieselfde onderstel gebou word as die Hyundai Kona, sy sustermaatskappy se beplande mededinger in dieselfde segment. Die Kona sal net soos die Stonic bes moontlik sy eerste amptelike verskyning in September op die Frankfurtse motorskou maak.
Terwyl die Kona-naam die tradisie van Hyundai voortsit om plekname vir sy 4x4’s te benut (Santa Fe, Tucson, Creta), volg Kia ’n effens ander roete met sy naamkeuse van Stonic. Volgens die bemarkers staan die S van Stonic vir spoed, terwyl “tonic” ’n agtervoegsel is wat in musiekterme gebruik word. Dus is dit ’n melodieuse en haastige baba-veldryer.
Nee, ons kan ook nie die kloutjie by die oor bring nie.
Al twee die motors beloof om opwindende en uitdagende stileringskenmerke te hê. Verwag dus skerp aksentlyne op die flanke, groot sierroosters voor en ’n parmantige streep LED-ligte op die hoeke.
Binnelangs, sê Kia ruiterlik, gaan sy Stonic die model met die meeste aanpassingsopsies wees wat jy nog in die Kia-stal kon vind. Jy sal die panele, sitplekbekleedsel en ander items in enige kleur kan kies om hom so na jou smaak te tooi as wat jy kan.
Onder die enjinkap verwag ons klein turbo-enjins by elk. Hyundai het oorsee ’n 1.0-liter-turbo met drie silinders, maar die groep kan ook sy 1.6-liter-turbo in topmodelle inspan.
En die Creta? Wel, hierdie sportnuts is groter as wat die Kona gaan wees, hoewel hy wat prys betref onder die Tucson inskuif. Die Creta is wel ’n Indies ontwerpte voertuig gebou in Indië vir die Indiese mark. Suid-Afrika is die enigste ander land wat hom ontvang.
Die Kona sal in Hyundai se Europese hoofkantoor in Frankfurt ontwerp en gebou word – spesifiek vir die Europese smaak. Dit kan sy prys duurder maak, wat hom straks uit Suid-Afrika kan hou.
VW skud ook vere reg
Kia en Hyundai is nie die enigstes wat nuwe baba-sportnutse op die mark wil plaas nie. Volkswagen het reeds voorbrand gemaak vir sy eie toetreder tot die segment, sy nuwe T-Roc.
Die T-Roc sal die Audi Q2 se sogenaamde MQB-platform benut en dus self ’n lekker kompakte lyf hê. Die voorkoms, getrou aan VW se konserwatiewe styl, sal nie so uitspattig soos ’n Toyota C-HR wees nie, maar hy sal nogtans op jong kopers gemik wees.
Ook die T-Roc sal heel waarskynlik sy buiging in September op die Frankfurtse skou maak. – Netwerk24
Kia se nuwe Stonic, ’n hupse klein sportnuts vir die ridder van die betonoerwoud se strate. Ons hou nogal van die tweekleur-afwerking. Het iemand “plaashemp” gesê?
Volkswagen het twee jaar gelede met hierdie konsepmodel vorendag gekom wat ’n sterk voorsmaak bied van sy nuwe T-Roc, die groep se kompakte sportnuts wat onder die Tiguan sal inskuif.
Hyundai se nuwe Kona, wat ook op die Frankfurt-skou onthul gaan word. Ons hoop Hyundai bring hom ook Suid-Afrika toe. Die Indies geboude Creta pas nie so lekker in die segment in nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie