Kia-span kry nuwe energie
Fietsry
Die fietsryspan Team Kia Elite het onlangs sy nuwe kleure onthul waarin die ryers in plaaslike kompetisies sal meeding.
Kia Motors is een van die borge wat vir die laaste aantal jare die span borg en het ook 'n nuwe Kia Sportage vir die span as ondersteuningsvoertuig beskikbaar gestel.
Spanbestuurder Johan Pretorius sê: “Die spanlede lewer konstant goeie resultate en ding ook in die spantydtoetskompetisies van Windhoek Pedal Power mee. Ons sal ook in Augustus deelneem wanneer die Tour de Windhoek herleef.”
Nog twee nuwe borge (Scott van Cymot en Powerbar) is verwelkom wat vanjaar die span ondersteun.
Pretorius het gesê hy hoop ander spanne volg die voorbeeld deur met hul ondersteuningsvoertuie, gazebo's en op ander maniere die handelsmerk van hul borge te bevorder.
“Elke geldbron is waardevol as ons Namibiese fietsry na die volgende hoër vlak wil lig,” sê Pretorius.
Die strewe is dat die insluiting van spankompetisies in plaaslike fietsry 'n nuwe dimensie aan die sport sal verleen, dit meer kompeterend sal help maak en meer aktiewe ryers kan help werf.
Cobus Smit is die spankaptein van Team Kia Elite, met Michelle Vorster (Olimpiese ryer en Afrika bergfietskampioen), Drikus Coetzee (Statebondspele driekampatleet), Brandon Plaatjes (gewese Afrika junior medaljewenner), die veteraan Fanie Steenkamp en die juniors Schalk van der Merwe en Justin Vosloo as sy ander spanlede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie