Kiesbrode begin rys
Verlede week het die eerste verkiesingsmanifeste vir 2019 die lig begin sien.
'n Skrale twee maande voordat Namibiërs vir die verkiesing na die stembus moet gaan.
'n Mens wonder of dit deel van 'n doelbewuste strategie was om so lank te wag. In die moderne kommunikasie-eeu is kort en kragtige manifeste – en veral hoe die boodskap versprei word – van groeiende belang.
Die Popular Democratic Movement (PDM) en All People's Party (APP) is nou op dié front uit die blokke en hopelik sal die publiek eerder vroeër as later alle partye se planne hoor.
Ondernemings soos die opskerping van die stryd teen korrupsie is opreg en verdien krediet. So ook, om net een voorstel te noem, die PDM se verbintenis daartoe om nywerhede in elke streek op te rig. Wanneer dit byvoorbeeld kom by die vermindering van ministeries en die rasionalisering van die staatsdiens raak dinge baie moeiliker.
Dit is die aard en kuns van politiek dat partye beloftes aan kiesers maak. Manifeste is 'n belangrike aspek van verkiesings, maar nie die alfa en omega nie.
Swapo bly ondanks verskeie onuitgevoerde beloftes stewig in bewind. 'n Mens moet wonder wanneer en óf die regerende party 'n manifes gaan vrystel?
Die verskil tussen vyf of selfs tien setels en om 'n regering oor te neem, is 'n realiteit waarvan 'n mens nie kan terugdeins nie. Al wat ons kan hoop, is dat die opposisie gesamentlik sterker uit die stryd sal tree – en in ons gefragmenteerde politiek die voordele van samewerking sal begin herontdek.
So sê ander
30 September 2019
Trump oorspeel dalk sy hand
In sy loopbaan het pres. Donald Trump al tientalle ernstige skandale beleef.
Maar daar was een gemene deler: Níks het aan hom bly kleef nie; hy het álmal oorleef.
Hy het self op 'n keer gesê as hy in Fifth Avenue in New York afstap en iemand doodskiet, sal mense steeds vir hom stem. Wat sy eie ondersteunerskorps betref, was dit 'n akkurate stelling.
Sedert hy president geword het, het dié patroon voortgeduur. Níks het gekleef nie.
Dit kan wees dat dinge nou verander het.
Die druk in die Demokratiese Party om Trump amptelik in 'n staat van beskuldiging te plaas (“impeachment”) het al maande lank opgebou. Tot nou het Nancy Pelosi, speaker van die Huis van Verteenwoordigers, dit teengehou uit vrees dat dit teen haar party kan boemerang.
Trump het duidelik gereken hy kán maar die op die oog af inkriminerende dokumente publiseer. Sy hele lewe bewys immers dat niks ooit aan hom kleef nie; dat hy onaantasbaar is.
Dis te vroeg om te sê dat dit nou anders gaan wees. Tog voel enige student van die Amerikaanse politiek aan dat die gety aan die keer is, dat Trump dalk hierdie keer te ver gegaan het.
Die kans dat die Senaat, soos die grondwet vereis, die president met 'n tweederdemeerderheid afsit, is relatief klein. Maar dalk, net dalk, bly genoeg dié keer kleef dat dit hom 'n nederlaag by die stembus besorg.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie