Kiessaak slaag – gedeeltelik
Namibiërs hoef nie oor te stem in verlede jaar se presidensiële verkiesing nie.
Maar die regering en die Verkiesingskommissie (ECN) is nie die roede gespaar in vanoggend se eenparige uitspraak deur ‘n volbank van die hooggeregshof nie.
Die opposisie se versuim om sedert 2014 die wetlikheid en grondwetlikheid van elektroniese verkiesings sonder ‘n ouditbare papierspoor uit te daag, was een van die kernredes hoekom die aansoek deur dr. Panduleni Itula, ‘n onafhanklike presidensiële kandidaat uit Swapo-geledere, net gedeeltelik suksesvol was. Terselfdertyd kon die aansoekers nie bewyse van sistematiese kiesbedrog toon, wat die uitslag anders daar sou laat uitsien nie.
Hoofregter Peter Shivute se uitspraak het sowat ‘n uur en ‘n half geduur.
‘n Ministeriële besluit om stemmasjiene te gebruik sonder ‘n papierspoor is ongeldig en ongrondwetlik verklaar. Die beslissing sal egter eers op 21 Maart 2020 in werking tree, sodra die verkose staatshoof en regering ingesweer is.
Tussenverkiesings voor dit sal nie geraak word nie, maar by implikasie sal Namibië in die toekoms of die honderde miljoene dollar moet belê in ‘n nasporingstelsel, of kiesers sal weer stembriewe moet gebruik.
Die hof het gelas dat die respondente twee derdes van Itula se regskoste moet betaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie