Kim steek ’n stokkie voor spele in N-Korea
Noord-Korea se leier, Kim Jong-oen, het ’n stokkie gesteek voor vanjaar se viering van die “Massa-spele”, die land se belangrikste propaganda-geleentheid.
Die spele sal van 10 Junie af “tot verdere kennisgewing” nie plaasvind nie, het Young Pioneer Tours volgens die BBCgesê.
Kim het Maandag die openingsdag van dié kleurvolle, goed beplande spele gekritiseer weens die spele se “swak gees van kreatiwiteit”.
Noord-Korea se staatsmedia het berig Kim het ook verwys na die organiseerders se “onverantwoordelike werkhouding”.
The Guardian berig Kim het vanjaar se geleentheid met die tema “Die mense se land” in die May Day-stadion in Pjongjang bygewoon.
Hy is vergesel deur sy vrou, Ri Sol-joe, en sy jonger suster, Kim Yo-joeng, wat etlike weke nie in die openbaar gesien is nie.
KCNA het berig Kim het “hartlike wense en groete” gestuur aan die deelnemers, van wie verskeie kinders was.
Hy het egter later die organiseerders gebel en hulle gekritiseer.
Kim is gesteld daarop dat die organiseerders van die spele ’n baie belangrike plig het in die daarstelling van die sosialistiese kultuur in die land.
Dit is onduidelik wat die Noord-Koreaanse leier ontstig het, maar gerugte wil dit hê dat hy glo ontsteld was omdat daar foto’s van sy oupa, Kim Il-soeng, en sy pa, Kim Joeng-il (wat hy in 2011 as leier opgevolg het), op die spele vertoon is.
Die spele is in September verlede jaar die eerste keer in vyf jaar gehou as deel van die land se pogings om sy internasionale beeld te verbeter.
Dít nadat die land etlike jare skerp veroordeel is weens sy kernwapenprogramme en die afvuur van missiele.
Thae Joeng-hoe, die voormalige adjunk-ambassadeur van Noord-Korea in Brittanje, het verlede week ’n beroep op toeriste en reisagentskappe gedoen om die spele te boikot.
Hy het dit as “onmenslik” beskryf dat kinders van ses tot nege jaar oud ses maande lank nie skool toe mag gaan nie omdat hulle verplig word om aan die spele deel te neem. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie