Kim wag al vir Trump in Viëtnam
Die laaste interkontinentale ballistiese missieltoetse wat Noord-Korea gedoen het, was in November 2017.
Kim Jong-oen, die Noord-Koreaanse leier, het al vir sy ontmoeting met pres. Donald Trump in Viëtnam opgedaag, terwyl dié nog onderweg is.
Trump sal Kim vandag vir vinnige samesprekings alleen ontmoet, waarna hulle sal aansit vir ete met twee gaste elk en tolke.
Sarah Sanders, Withuis-woordvoerder, sê die twee wêreldleiers sal daarna weer môre vergader.
Die Viëtnamese het Kim gisteroggend Suid-Afrikaanse tyd met 'n rooi tapyt verwelkom nadat hy per trein gereis het.
OPTIMISME
Suid-Korea koester verwagtinge dat Amerika en Noord-Korea dalk op hul ontmoeting in Hanoi in Viëtnam die einde kan aankondig van die Koreaanse oorlog van 1950 tot 1953, berig die Jonhap-nuusagentskap.
Pres. Donald Trump en Kim Jong-oen, die Noord-Koreaanse leier, het mekaar vir die eerste keer agt maande gelede ontmoet.
Toe het hulle ooreengekom om saam te werk vir die algehele verwydering van kernwapens op die Koreaanse skiereiland.
Die moontlikheid van die beëindiging van die oorlog is daar, het Kim Eoei-kjeom, woordvoerder van die presidensiële kantoor van Suid-Korea, gesê tydens 'n nuuskonferensie in Seoel toe hy is gevra is of só 'n deklarasie op die agenda is.
Trump het gesê hy is tevrede solank Noord-Korea ophou met missieltoetse.
Volgens hom het hy en Kim 'n “baie, baie, goeie verhouding” en dat hulle dieselfde oor dinge dink.
Hul vorige ontmoeting het net 'n vaag bewoorde ooreenkoms opgelewer en Amerikaanse senators het Trump gewaarsku om nie 'n ooreenkoms aan te gaan wat min gaan doen om Noord-Korea se kernwapen-ambisies te beperk nie.
Trump het gesê hy het geen haas om 'n kernwapenooreenkoms te sluit nie.
Terwyl Kim per trein op pad is na Hanoi, het Noord-Korea se staatsmedia Trump gewaarsku om nie te luister na Amerikaanse kritici nie wat volgens hulle probeer keer dat sterker bande gesmee word.
“Ek wil niemand aanjaag nie. Ek wil net geen toetse hê nie. Solank daar geen toetse is nie, is ons tevrede,” het Trump gesê.
Die laaste interkontinentale ballistiese missieltoetse wat Noord-Korea gedoen het, was in November 2017.
KERNWAPENPROGRAM
Die Amerikaners het Noord-Korea gevra om sy kernwapenprogram te staak.
Dié program, saam met Noord-Korea se missielvermoëns, is 'n bedreiging vir Amerika. Daar sal geen handelstoegewings wees voordat die kernwapenprogram nie gestaak word nie, het Amerika gesê.
In die laaste dae het Trump sy standpunt ietwat aangepas en gesê hy sal baie graag sanksies wil verslap as daar betekenisvolle vordering is met die verwydering van kernwapens
Die Koreaanse oorlog het in 1953 tot 'n einde gekom met 'n wapenstilstand en geen ooreenkoms nie. Noord-Korea vra al baie lank vir 'n ooreenkoms om die oorlog tot 'n einde te bring. Noord-Korea wil ook veiligheidswaarborge hê.
Amerika het al die jare daarop aangedring dat Noord-Korea verifieerbaar en onomkeerbaar van sy kernwapens ontslae moet raak voordat hy enige toegewings sal oorweeg.
Noord-Korea het dit as eensydig en “boefagtig” beskryf.
Trump se laaste opmerkings laat dit blyk of daar waarheid steek in bespiegelings dat sy regering nou net 'n beperkte ooreenkoms tydens die samesprekings wil hê.
Dit sluit in dat inspekteurs toegelaat sal word om die aftakeling van Noord-Korea se Jongbion-kernreaktor dop te hou en die heropening van skakelkantore tussen Amerika en Noord-Korea.
Daar is ook die moontlikheid van 'n einde aan tegniese vyandelikhede wat sedert 1950 bestaan, asook om sommige Koreaanse projekte toe te laat, soos die daarstelling van 'n toerismesone in Noord-Korea.
Die Rodong Sinmoen-koerant, mondstuk van Kim se Werkersparty, het gesê die hele nasie het “die nuus van sy lang buitelandse besoek (aan Viëtnam vir die beraad) met opwinding ontvang”. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie