Kinderhuwelike kom steeds algemeen voor
Kinderhuwelike kom steeds algemeen voor

Kinderhuwelike kom steeds algemeen voor

Die meeste kinderhuwelike in Namibië kom in die twee Kavangostreke voor.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Armoede, kultuur en tradisie, vroeë seksuele ontwa­king, ­tienerswangerskappe, in 'n minder mate alko­holmisbruik en 'n gebrek aan onderrig blyk die grootste dryfvere agter kinderhuwelike in Namibië te wees waar meisies so jonk as 11 vir die eerste keer saam met 'n man woon of in die huwelik tree.

Volgens 'n verslag deur die ­ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslags­gelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, is kinderhuwelike 'n wêreldwye probleem met meer as een uit elke drie meisies wat voor die ­ouderdom van 15 in die huwelik tree. In Namibië is die voorkoms van kinderhuwelike onder vroue in die land 18,4% teenoor die 4,1% vir mans.

Die hoogste voorkoms van kinderhuwelike is in die twee ­Kavangostreke (39,7%), gevolg deur Kunene (24%), Zambezi (23,8%) en Otjozondjupa (22,6%).

Die verskynsel kom meer in landelike gebiede (22%) as in stede­like gebiede (15%) voor, met 'n noue verbintenis met inkomste, huistaal, kerklike denominasie, werkstatus, asook vlak van onderrig en geletterdheid.

Die studie het geen ­beduidende verhouding tussen kinderhuwelike en geslagsgeweld of MIV-­status gevind nie.

Van die gevolge van kinderhuwelike sluit in swak seksuele en ­reproduktiewe gesondheid, fisieke, emosionele en seksuele mishandeling en die ontneming van kindertydervarings.

Tradisionele praktyke wat sulke huwelike aanmoedig, is uitgewys as die heilige vuur, die viering van vroue, gereëlde huwelike en ­tjiramue in die Kunenestreek, sikenge in die Zambezistreek en eengoma in die Ohangwenastreek.

Die meeste van dié praktyke vind plaas tydens puberteit en is hoofsaaklik daarop gefokus om die meisie vir volwassenheid en 'n huwelik voor te berei.

Meisies wat deelgeneem het aan Olufuko, 'n gevestigde kulturele praktyk in Omusati, het gesê dit dra nie tot kinderhuwelike by nie.

Volgens die verslag word kinderhuwelike weinig by owerhede aangemeld.

Die verslag verwys na gevalle van statutêre verkragting en kinderhuwelike in die Kunenestreek wat nie aangemeld word nie, omdat dit dikwels noue familielede betrek.

Selfs al word dit aangemeld, is wetstoepassingsagentskappe dikwels weens hul eie ­tradisionele agtergrond toegeeflik.

Die verslag maan beskermingsmaatreëls teen kinderhuwelike – insluitend boetes aan mans wat met jong meisies trou en ook godsdiensonderrig – is grootliks onvoldoende.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!