Kinderhuwelike: 'n Wu00eareldwye probleem
Kinderhuwelike: 'n Wu00eareldwye probleem

Kinderhuwelike: 'n Wêreldwye probleem

Ellanie Smit
Ellanie Smit



Altesaam 7% van Namibiese meisies trou voor die ouderdom van 18 en 2% trou voor hulle 15de verjaardag.

Alhoewel die wet kinderhuwelike in Namibië verbied, word dié ritueel steeds as 'n kulturele gebruik uitgevoer.

Volgens die 2020 verslag oor die toestand van die wêreldbevolking, wat deur die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNFPA) uitgereik is, word kinderhuwelike byna wêreldwyd verbied, maar tog gebeur dit 33 000 keer per dag oraloor die wêreld.

Volgens die verslag word minstens 19 skadelike praktyke, soos om meisies se borste te stryk en te toets of hulle nog maagde is, as menseregteskendings beskou.

Die drie algemeenste praktyke is die skending van vroulike geslagsorgane, kinderhuwelike en uiterse bevooroordeling van seuns teenoor meisies.

Die verslag onthul ongeveer 650 miljoen meisies en vroue van vandag is as kinders getroud. Volgens die verslag sal nóg 150 miljoen meisies onder die ouderdom van 18 teen 2030 getroud wees.

“Die uitwissing van kinderhuwelike sal nie net reusevooruitgang vir die bemagtiging van meisies beteken nie, maar ook vir hulle gesondheid, opvoeding en maat­skaplike toestand, asook vir ­gemeenskappe en bevolkings,” lui die verslag.

Die verslag sê die wêreldwye voorkoms van kinderhuwelike is ongeveer 21%.

Die hoogste voorkoms van kinderhuwelike is 40% in Wes- en Sentraal-Afrika, met 34% in Oos- en Suider-Afrika.

Die verslag dui aan in 17 lande in sub-Sahara is minstens 10% van meisies voor die ouderdom van 15 getroud.

Kinderhuwelike neem wêreldwyd af en het van ongeveer 25% in 2006 tot 21% in 2018 gedaal.

Volgens die Girls not Brides-­organisasie, is kommer uitgespreek dat kulturele praktyke in Namibië geslagsongelykheid en die idee dat meisies die eiendom van mans is, bevorder.

Vernedering van en geweld teen jong meisies word soms gebruik om onderdanigheid en gehoorsaamheid af te dwing ter voorbereiding op kinderhuwelike.

“Oor die algemeen trou jong meisies in Namibië met veel ouer mans, wat verder dui op mags- en geslagsongelykheid binne huwelike.”

Namibië beoog om teen 2030 gedwonge en kinderhuwelike uit te wis in ooreenstemming met hulle doelwitte vir volhoubare ontwikkeling.

Namibië is ook een van 20 lande wat kinderhuwelike teen die einde van 2020 wil beeïndig onder die ministeriële verbinte­nis tot uitgebreide seksonderrig en seksuele en reproduktiewe ­gesondheidsdienste vir adolessente en jongmense in Oos- en Suider-Afrika.

'n Meisie wat onder dwang vroeg trou sal in baie gevalle skool verlaat, wat haar kanse op latere outonomie en inkomste beperk.

Sy kan haarself sosiaal isoleer en geneig tot depressie wees.

Anders as 'n seun wat vroeg trou, kan sy gewillig of onder dwang swanger word voor haar liggaam gereed is, wat tot hoër risiko's en gevolge vir haar en die baba kan lei.

Girls Not Brides is 'n ­wêreldwye inisiatief van meer as 1 000 ­burgerlike organisasies wat veg om kinderhuwelike te beëindig.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!