Kinderontvoering: Saak na hoërhof
Die beskuldigdes sal in Februarie ’n voorverhoor bywoon om kwessies soos regsverteenwoordiging af te handel.
Otis Finck op Walvisbaai - Die saak van mnr. Alexander Krylov en me. Anna Katrina Engelbrecht, wat teregstaan op 32 klagte van kinderontvoering, verkragting en oortredings op die wet op immorele praktyke, is na die hoërhof verwys.
Die saak, waarby vyf meisies betrokke is, was op die rol vir beslissing deur die aanklaer-generaal, adv. Martha Imalwa, wat die saak na die hoërhof verwys het.
Die beskuldigdes het op 14 November in die Walvisbaaise landdroshof voor landdros Vicky Nicolaidis verskyn, wat hulle van Imalwa se beslissing ingelig het.
Krylov en Engelbrecht sal op 14 Februarie in 'n voorverhoor verskyn om kwessies soos regsverteenwoordiging af te handel.
Nicolaidis het aan die beskuldigdes verduidelik daar sal geen staatsgetuies in die hof teenwoordig wees nie en die saak kan afgehandel word sou hulle skuldig pleit.
Die voorwaardes vir borgtog het verander.
Krylov, wat 'n Russiese burger en mariene vlieënier is, het N$40 000 borgtog in November 2017 betaal en sy medebeskuldigde N$4 000.
Die twee is in Oktober 2016 in hegtenis geneem.
Krylov het tydens sy borgtogverhoor getuig hy het met 'n groep minderjarige meisies en Engelbrecht seksuele omgang gehad.
Hy het aan die hof gesê dit was met hul toestemming en hy het die meisies N$100 elk betaal.
Volgens Krylov was hy nie bewus daarvan dat hulle minderjarig is nie en het hy eers van die meisies se ouderdomme te wete gekom toe berigte oor die beweerde oortredings in die media verskyn het.
“Hul liggame was goed ontwikkel. Ek het een van die meisies voor seksuele omgang gevra hoe oud sy is en sy het gesê sy is 17 jaar oud. Die meisies het my weer drie weke later gekontak en ek het hulle in die dorp gaan oplaai. Ek het hulle weer N$100 elk betaal."
Krylov het ook aan die hof gesê hy bly die afgelope 15 jaar in Namibië, het permanente verblyfstatus en was nog nooit voor sy inhegtenisneming by enige misdaad betrokke nie.
Engelbrecht het getuig sy was onder die indruk die meisies was 17 jaar en ouer en is dít glo meegedeel toe sy hulle oor hul ouderdomme uitgevra het.
Volgens haar het sy nie die meisies gewerf nie.
Hulle het haar glo genader en het reeds “rondgeslaap”.
Sy het ook ontken sy het die meisies na Krylov geneem en het gesê sy het net twee van die slagoffers geken.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie