Kinders bedel in skooltyd vir skoolklere, kos
Kinders van informele nedersettings vind hul weg na inkoopsentrums in die stad om geld in te samel vir skoolbenodigdhede met die aanvang van die akademiese jaar.
Jemima Beukes – Terwyl die regering sy mantra van “gratis onderwys” bevorder, stroom vele arm kinders na verkeerskruisings en winkelsentrums se parkeerterreine om geld te bedel vir skooluniforms, skryfbehoeftes en kos.
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het verlede week aangekondig daar is N$51 miljoen vir onderwys begroot, maar minder gegoede leerders staar steeds teistering deur skole in die gesig en loop die risiko om onderrig geweier te word omdat hulle nie skoolklere of skryfbehoeftes kan aankoop nie.
Die regering se standpunt dat onderrig nie aan kinders in sulke omstandighede geweier mag word nie, word in werklikheid soms geïgnoreer.
Kinders in die hoofstad tussen die ouderdomme van vyf en 14 word genoop om te ryloop – en dikwels in die proses kilometers ver te stap – vanaf die informele nedersetting Okahandjapark om vir aalmoese by verkeersligte naby die Grove- of Maerua-inkoopsentrum te bedel.
Ons susterkoerant Namibian Sun het met die 28-jarige me. Dankies Urikhos gesels wat kom “zula” het om ’n skooluniform, sykouse, onderklere en skryfbehoeftes te kan aankoop vir haar dogter wat gister met skool sou begin.
“Ons kom hier met die N$10-bus, geld wat ons daar in die lokasie zula. My kind kom nie elke dag hier as die skool begin nie; ek het haar net vandag gebring, want ek het kom zula. Ek zula maar, want ek kan nie werk kry nie en mense behandel jou nie goed as jy vir hulle werk nie. Ons maak darem meestal N$50 of N$20 en ons gebruik daardie geld ook om die bus terug huis toe te neem,” het sy gesê.
IN DIE STRATE
By haar was ’n groep kinders sonder toesighouers – drie groepe sibbes en twee weeskinders – wat ook kom geld bedel het om kos en skryfbehoeftes te koop.
Van dié leerlinge het gesê hulle het kos vir hul huisgesinne nodig, aangesien hul ouers nie werk nie.
Ander was op straat om te bedel vir kos, skryfbehoeftes en die voorgeskrewe skooldrag wat deur skole as ononderhandelbaar vereis, ongeag jou finansiële agtergrond.
Een 14-jarige seun het aan Namibian Sun gesê hulle staan heeldag in die straat en bedel om “combos” te koop waarop die gesin ’n week lank kan oorleef terwyl hulle in die skool is.
“Wanneer ons dit regkry om hierdie (spesiale aanbiedings) te koop, hoef ons nie op weekdae te kom wanneer die skool aan die gang is nie, maar soms het ons geen keuse nie en moet ons selfs stokkiesdraai by die skool,” het hy gesê.
Die kinders het, amper in een stem, gesê as hulle groot is, wil hulle hul eie karre bestuur.
’n Elfjarige seun het gesê hy wil ’n dokter word, want die meeste van sy familielede is siek of in die hospitaal.
’n Ander een wil ’n polisiebeampte word om sy gesin veilig te hou.
’n Skugter tienjarige meisie, wat meer soos ’n vyfjarige lyk, het gesê sy wil ’n vlieënier word sodat sy kan “wegvlieg, ver hiervandaan”.
Die leier van die groepie – ’n 14-jarige – verduidelik wanneer hulle nie genoeg geld gemaak het om almal ’n taxi terug huis toe te neem nie, probeer hulle om vir die kleintjies te “zula”.
“Soms is van die taxibestuurders baie gaaf en bied aan om die kleintjies terug huis toe te neem. Op een dag kan ons sowat N$20 of N$50 maak. Die kleineres is gewoonlik dié wat die meeste kry, want mense kry hulle jammer.”
Sommige motoriste is egter onbeskof en roekeloos en toon geen deernis of geduld met bedelende kinders nie en dwing hulle dikwels met hul voertuie uit die pad.
“Verlede week is een van die meisies – sy het nie vandag gekom nie – se been deur ’n motor getref en sy het geval en is ’n ent in die pad gesleep. Sy bly nou by die huis totdat sy beter is. Die bestuurder het net aangery sonder om stil te hou,” het hy gesê.
– [email protected]
FOTO
Kwesbare kinders moet dikwels in die strate van Windhoek vir aalmoese bedeel. Foto Jemima Beukes

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie