Kinders en diere verdien liefde sonder voorwaardes
Dis nogal ’n ding om liefdevol te wees.
Dan moet jy boonop nie verdeeld wees nie, jy moet net liefde gee en nogmaals gee, maar vir wie moet jy altyd gee? Jou vriend of jou vyand?
Ek dink dit is darem baie gevra om vir jou vyand ook lief te wees, iemand wat jou seermaak of iemand wat jou altyd hartseer maak. Hoe kan ek liefde gee, praat nog van vir die vyand bid ook?
Ek moet rêrig toegerus wees met liefde van Bo.
Kan ek nie maar liewer vir honde en katte die liefde gee wat ek op my vyand mors nie, wil ek amper vra.
Here, help my om altyd genoeg liefde te hê vir diè wat my diep knou.
Hoe moet ek dit gee, wonder ek soms.
Miskien moet ek liefde toe-oë gee, want as ek dit oop-oë doen en sien vir wie ek almal gee, sal ek dit glad nie meer wil gee nie.
Moet ’n mens nie ook voorbereid wees op die mense aan wie jy liefde gee nie, of moet ek dit miskien maar net blindelings deel?
Miskien het ek tóg ’n keuse. Ek wil my liefde net vir diere gee, want hulle verdien dit. Ek sal nie omgee om daagliks bakke of trommels vol liefde vir kinders ook te gee nie!
As dit by mense kom, trap ek eers rem en sê Here, help my oor hierdie bruggie.
Daar is weer een van hierdie spoedhobbels en dit is nie enige opdraande nie, dis ’n érnstige bult. Jy moet alles wat in jou is, bymekaarmaak en liefde aan jou vyand gee. Ek dink dis valse liefde wat jy die vyand gee, want dit kom dan so moeilik uit. Hoekom is iets wat jy met ’n blymoedige hart doen, so moeilik?
Vir my is dit beter om ware liefde aan diere en kinders te gee, hulle verdien dit – verniet. Al skel jy hulle of jaag jy hulle uit die huis uit in die koue of in die reën in, maak daai ou kinderhartjie jou weer net so teer. En die hond hoef net een keer sy stert te swaai as jy by hom kom.
Kinders en diere verdien die beste liefde wat jy hulle kan gee.
Hulle is onskadelik en soek net bietjie liefde.
Ek raak grensloos hartseer as ek hoor van kinders en diere wat seergemaak word.
Besef die mense nie hoe hulle onskuldige kinders se toekoms afbreek nie?
Ek sal liewer aanbeveel dat ons maar die helfte van ons liefde vir die vyand gee en ’n trommel vol aan die onskuldiges.
Ek wil nooit sien hoe die lewe van ’n kind of ’n dier deur grootmense opgemors word nie – kom ons gee liefde onvoorwaardelik aan kinders en diere – hulle is jou enigste vriende!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie