Kinders laat mu00f4re hul asems jaag
Kinders laat mu00f4re hul asems jaag

Kinders laat môre hul asems jaag

Triathlon
Die Windhoekse triathlon-klub vir kinders, T-Rex Training Tribe, hervat sy program vir die nuwe jaar môre in Kleine Kuppe.

Die jong span vergader by die diere­tuin in Rietfonteinstraat by die Busy Bodies speelgrond, terwyl die swemdele in die T-Rex swembad afgehandel sal word.

Môre se byeenkoms bied 'n triathlon (swem, fietsry en hardloop), 'n duathlon (hardloop en fietsry) én 'n akwathlon (swem en hardloop) aan.

Registrasie en betalings begin om 14:30-15:15 vir al die onder agt-deelnemers, wat vanaf 15:30 wegspring.

Volgende is die ouderdomsgroepe o.10, o.12, junior-B en junior-A. Hulle registreer vanaf 16:00 vir hul wegspring om 16:30.

Die koste van inskrywings beloop N$70 per deelnemer vir die triathlon, of N$60 elk vir die duathlon en akwathlon. Van elke inskrywingsfooi is N$10 as 'n donasie vir die aankoop van kos vir die dieretuin bestem.

Elke deelnemer sal 'n geskenkpak van die reeks se borg, Foodlovers Market, ontvang.

Vroegtydige inskrywings kan gedoen word deur die kinders se name, vanne, seun/meisie en ouderdom vandag voor 19:00 na [email protected] te e-pos. In so 'n geval hoef net die betaling môre gedoen te word. Alternatiewelik kan kinders môre op die genoemde tye by die perseel van die kompetisie ingeskryf word.

• Die res van die byeenkomste vir die 2018-2019 se datums is soos volg:

Vrydag 22 Februarie in Windhoek (triathlon, duathlon en akwathlon)

Saterdag 09 Maart op Swakopmund (duathlon en familie-draf)

Vrydag 15 Maart in Windhoek (triathlon, duathlon en akwathlon)

Vrydag 5 April in Windhoek (triathlon, duathlon en akwathlon)

Vrydag 12 April: Prysuitdeling (venue sal bevestig word).

• T-Rex Training Tribe se winterreeks sal in Junie begin, met een byeenkoms elk wat ook op Otjiwarongo en op Gobabis aangebied gaan word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!