Kinders spandeer kwaliteit tyd in Etosha
Eerw. Edward Amadhila, tegniese projekadviseur van die Tov meerdoelige sentrum op Tsumeb het onlangs sowat 20 van die sentrum se kinders op 'n uitstappie na die Etosha Nasionale Park vergesel.
Dit was die eerste uitstappie van sy soort in 'n hele paar jaar en het ten doel gehad om die kinders eerstens meer oor die natuur te leer, maar ook om tyd in te ruim vir die bestuur om die kinders en hul omstandighede beter te leer ken. Tydens die kamp was daar tyd vir individuele en groepsgesprekke en kon die kinders se gedrag en materiële behoeftes ook subtiel beoordeel word. Hier het dit byvoorbeeld aan die lig gekom dat van die kinders nie badseep, tandeborsels of -paste, gemaklike skoene en ander items het nie, wat die bestuur help met beplanning en die benutting van donasies.
Die geleentheid is allerweë goed benut om gesprekke oor allerhande onderwerpe te voer en volgens Amadhila het hy tot die gevolgtrekking gekom dat dit belangriker is om saam met die kinders as bloot vír hulle te beplan. “Dit is op slot van sake hulle toekoms wat op die spel is,” sê hy.
Die uitstappie was in geheel suksesvol, met 'n besoek aan die slangpark en 'n wildsbesigtigingsrit deur die park waartydens hulle op 20 leeus afgekom het - 'n ware hoogtepunt vir almal.
Die sentrum sien om na die belange van wees- en kwesbare kinders in die omgewing en is in 'n groot mate van die gemeenskap afhanklik om in hul unieke behoeftes te voorsien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie