Kinders sterf toe gasbottel ontplof
Kinders sterf toe gasbottel ontplof

Kinders sterf toe gasbottel ontplof

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Vier kinders, onder wie die jongste vyf jaar oud, het Saterdag aan hul wonde beswyk nadat ''n gasbottel Vrydagaand in ''n sinkhuis ontplof het.

Die kinders was deel van ''n groep van 15 mense wat in die sinkhuis op die plaas Luhl Karib, sowat 25 km van Dordabis, was. Van die 11 oorlewendes is 10 in ''n kritieke toestand in hospitale in Windhoek opgeneem. Een van die oorlewendes was sewe maande swanger en het haar baba verloor.

Die 4 volwassenes en 11 kinders was besig om ''n sepie op die televisie in die voorkamer te kyk toe ''n gasbottel ontblof en die sinkhuis in vlamme gehul het. Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, inspekteur Slogan Matheus, was die gasbottel, wat vir kookdoeleindes gebruik is, in ''n aangrensde vertrek.

"Die familie het die aand ''n vuur buite die sinkhuis gemaak en die vermoede is dat die gasbottel moontlik kon gelek en die vlamme dit laat ontplof het."

Al 15 mense is met ernstige beserings na die Dordabis-kliniek geneem van waar hulle onmiddellik na die Windhoek Sentrale hospitaal oorgeplaas is. Die vier kinders, Berris Kheibes (12), Aliandre Naugawases (6), Anna Kheibes (5) en Henricho Plaatjies (11), is in die hospitaal dood.

Uit die 11 oorlewendes is ''n man reeds uit die hospitaal ontslaan en sterk by die huis aan. Vyf mense is in ''n kritieke toestand in die Windhoek Sentrale hospitaal opgeneem, asook een in Rhino Park, een in Medicity, een in die Rooms-Katolieke hospitaal en twee in die Katutura-staatshospitaal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!