Kinders sterf tragies in ou kar
'n Familie van Grootfontein het Sondag nadat hulle van die kerk af gekom het, 'n skokontdekking gemaak.
Francoise Steynberg
Die lewelose liggame van 'n niggie en nefie van Grootfontein is Sondagnamiddag in 'n ou voertuig op hul erf gevind.
Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek, ao. Maureen Mbeha, het die ouers van die kinders, Simon Future Nakwiwa (3) en sy vierjarige niggie Toini Muhikila, kerk toe gegaan en hulle in die sorg van hul bejaarde ouma gelos waar hulle buite gespeel het.
“Toe die ouers van die kerk af terugkom, kon hulle die kinders nêrens kry nie. Hulle het na die kinders begin soek en later hul lewelose liggame gevind in 'n ou sedan wat op die werf staan,” het Mbeha gister aan Republikein gesê.
Volgens haar is dié skokontdekking Sondag omstreeks 16:30 in die erf van die familiewoning in die Tulainge Uitbreiding 9-woonbuurt gemaak.
“Die voorlopige ondersoek dui aan die kinders het in die ou voertuig gespeel met al die vensters toe en die deure wat van binne gesluit was,” het Mbeha gesê.
Die oorledenes se ma's is susters en die naasbestaandes is van hul dood ingelig.
“'n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van hul dood bepaal. Geen vuilspel word vermoed nie met geen beserings wat op die liggame van die oorledenes gevind is nie,” het Mbeha bevestig.
Volgens haar het die kinders vermoedelik weens versmoring of hitte-uitputting gesterf.
Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie