Kindersentrum kry nuwe baadjie
Werknemers van die Capricorn-groep het onlangs ’n Saterdag daaraan bestee om die Family of Hope Services-sentrum in Katutura op te knap.
Sowat 43 werknemers het die speelpark geverf, die sentrum opgeknap, die biblioteek geherorganiseer en aandag aan die tuin geskenk.
Weeklikse aktiwiteite by die sentrum sluit ’n skoolprogram vir 25 kinders tussen sewe en 14 jaar in, wat nog nooit skoolgegaan het nie.
Die sentrum verskaf een keer ’n week ’n maaltyd aan 250 kinders en dien ook as ’n gemeenskapsaal waar naskoolse aktiwiteite plaasvind.
Die Capricorn-groep het die projek aangepak, in samewerking met Imago Dei, wat die Family of Hope Services-sentrum as begunstigde gekies het.
Mnr. Thinus Prinsloo, besturende direkteur van die Capricorn-groep, het gesê die groep is altyd op soek na geleenthede om positiewe veranderinge in die gemeenskap teweeg te bring.
“Ons gee ook ons werknemers die geleentheid om ’n verskil in ander mense se lewens te maak,” het hy gesê.
Me. Grace Luvindao, van die groep, het gesê die kinders is verheug oor hul skool se nuwe baadjie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie