Kindertrust-saak uitgestel

Dokumente moet beskikbaar gestel word
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die aansoek om uitstel van die saak tussen die voormalige direkteur van die Michelle McLean Kindertrust, mnr. Danie Botes, en die trustees van die trust, Michelle McLean, me. Conny Maritz en mnr. Nic Kruger, is deur die hof toegestaan.

Die trustees is opdrag gegee om binne 15 dae alle dokumente wat nog nie blootgelê is nie, aan die eiser se regspan beskikbaar te stel.

Die hofverrigtinge is uitgestel tot ''n datum wat nog bepaal moet word.

Die aansoek om uitstel is Maandag deur Botes gebring. Sy regspan het aangevoer dat hul vyfde versoek vir blootlegging van sekere dokumente van die trustees nie ten volle aan voldoen is nie en dat hulle nie voldoende tyd gehad het om die dokumente wat hulle laat ontvang het, na te gaan en deeglik te bestudeer nie.

Die regspan van die trustees het op hul beurt gesê baie van die dokumente wat versoek is, is nie van toepassing op die verhoor nie en daar geen redes was om die saak uit te stel nie, omdat enige dokumente wat die eiser se regspan wou hê deur die loop van die verhoor aan hulle verskaf kan word.

Regter Thomas Masuku het egter nie hieraan gebyt nie en opdrag gegee dat aan die aanvanklike versoek vir blootlegging voldoen moet word.

Die koste van die aansoek om uitstel moet van die trustees verhaal word.

Botes dagvaar die trustees vir ''n bedrag van N$14 miljoen omdat sy dienste by die trust in September 2013 beëindig is. Die trustees dagvaar Botes vir N$7,7 miljoen.

McLean het Vrydag van Amerika af waar sy nou woon in Namibië aangekom, die naweek by haar ouers op Swakopmund deurgebring en was Maandag en Dinsdag in die hof vir die verrigtinge.

Botes word deur senior advokaat Cassie Badenhorst van Suid-Afrika (wat nie vir die uitstel-aansoek in die hof was nie) en adv. Deon Obbes verteenwoordig. Die MMCT se trustees word deur senior advokaat Jean Marais en adv. Esi Schimming-Chase verteenwoordig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!