Kinderverkragter: u2018Ek is skuldigu2019
Kinderverkragter: u2018Ek is skuldigu2019

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

Die 50-jarige man het aangevoer hy sou nie die misdaad gepleeg het as hy nie onder die invloed van drank en dwelms was nie.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie.

Pas nadat Van Wyk gisteroggend van die Wanaheda-polisiekantoor waar hy in aanhouding is, by die Windhoekse landdroshof in Katutura aangekom het, is hy weer in ‘n wit bakkie weggeneem, glo vir ‘n uitkenningsparade.

Hy het gister ná 14:00 voor landdros Atutala Shikalepo verskyn en skuldig gepleit op ’n klag van verkragting en twee klagte van die ontvoering van ’n vyfjarige meisie.

Twee jong, vroulike familielede van die slagoffer het in die hof gehoor hoe hy haar ontvoer en verkrag het.

“Ek weet wat ek gedoen het, is verkeerd. Ek wil nie die hof se tyd mors nie,” het Van Wyk skaars hoorbaar in Afrikaans aan die tolk gesê.

“Ek sou dit nie gedoen het as ek nie onder die invloed van drank en dwelms was nie.”

Van Wyk het nie eens geweet hoe oud die slagoffer is nie, maar wel dat sy minderjarig is. Hy het bevestig hy is nie verwant aan haar nie.

Van Wyk, wat twee jaar gelede tronkstraf vir moord en verkragting uitgedien het, is Donderdag in hegtenis geneem pas nadat die meisie ná ’n uitgebreide soektog deur die gemeenskap en die Namibiese polisie gevind is.

Hy het erken hy het die slagoffer Donderdag by haar kleuterskool in Khomasdal ontvoer en na Katutura geneem en verkrag.

Van Wyk kon nie presies sê waar in Katutura hy die misdaad gepleeg het nie, “want ek was dronk”.

Op die vraag van die landdros waarom hy haar ontvoer het, het Van Wyk gesê “ek wou niks doen nie, maar ek was onder die invloed van alkohol en dwelms”.

Van Wyk het getuig die meisie het geskree en gesê hy maak haar seer toe hy haar probeer penetreer het.

“Ek kon dit nie regkry nie, want ek het nie ’n ereksie gehad nie en het my vinger gebruik.”

Die landdros het die saak tot 19 November uitgestel. Van Wyk bly in aanhouding.

Me. Victoria Likius het vir die staat verskyn.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer