Kinderverkragter kry 'n nuwe prokureur
Kristien Kruger – Die man wat in 2019 skuldig gepleit het op die verkragting en ontvoering van 'n vyfjarige meisie, het 'n nuwe regshulpverteenwoordiger gekry.
Mnr. Jeremia van Wyk, wat tereg staan op aanklag van verkragting, alternatiewelik 'n seksuele daad met 'n meisie onder die ouderdom van 16 jaar, en 'n klag van ontvoering, se saak het tot stilstand gekom nadat hy 'n psigiatriese evaluering ondergaan het en sedertdien nie 'n regsverteenwoordiger gehad het nie.
Regter Christie Liebenberg het Donderdag in die hoërhof in Windhoek vir Van Wyk in kennis gestel dat mnr. Joseph Andreas hom sal verteenwoordig.
AGTERGROND
Tydens sy eerste verskyning in die landdroshof in Katutura het hy skuld erken deur te sê hy het die meisie gevat met die bedoeling om haar te verkrag. Hy het verder gesê hy het probeer om haar te verkrag, maar was onsuksesvol.
Van Wyk het getuig die meisie het geskree en gesê hy maak haar seer toe hy haar probeer penetreer het.
“Ek kon dit nie regkry nie, want ek het nie 'n ereksie gehad nie en het my vinger gebruik,” het Van Wyk gesê soos destyds deur Republikein berig is.
Hy beweer hy was tydens die insident dronk en onder die invloed van dwelms.
PSIGIATRIESE EVALUERING
Twee psigiaters het in afsonderlike evaluerings bevind Van Wyk is geskik om verhoor te word.
Hy is volgens hul mening daartoe in staat om te verstaan wat in die hof gebeur, met sy regsverteenwoordiger te konsulteer en 'n verweer op te stel.
Hulle is ook albei van mening dat Van Wyk ten tyde van die oortreding, bewus was van sy optrede en die onregmatigheid daarvan.
Van Wyk se verhoor sal op 17 Februarie hervat.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie