Kinderverkragting: Dossier nie in hof
Kinderverkragting: Dossier nie in hof

Kinderverkragting: Dossier nie in hof

Al twee sake teen die 24-jarige mnr. Gewen Gawa-nab is uitgestel.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die vermeende reeksverkragter mnr. Gewen Gawa-nab (24) het Woensdag in die Windhoekse landdroshof in Katutura op twee klagte van verkragting verskyn.

Die dossier van die kinderverkragtingsaak was nie in die hof nie en landdros Loide Amwaandi-Ndangi het die saak tot 29 Januarie uitgestel.

Dié saak spruit uit Gawa-nab wat daarvan beskuldig word dat hy 26 Oktober 'n negejarige meisie wes van Windhoek verkrag en haar geslagsdele gesny het. Hy het in die berge in op die vlug geslaan, maar is op 29 Oktober in 'n sinkhuis in die Otjomuise-woonbuurt vasgetrek.

Daar is verskeie verkragtings- en ander klagte wat teen Gawa-nab aanhangig gemaak is, waarop hy telkemale op borgtog vrygelaat is.

Hy het ook Woensdag op een van die ander verkragtingsklagte verskyn en dié saak is tot 18 Desember vir die uitslag van laboratoriumtoetse uitgestel.

Gawa-nab bly in aanhouding. Me. Victoria Thompson het aangekla.

Ds. Zack Pienaar, stigter van die organisasie Voice of the Voiceless en predikant van die NG Kerk se Eros-gemeente wat betrokke is by barmhartigheid- en gemeenskapsontwikkelingsprojekte, was ook Woensdag by die hof om die familie te ondersteun. Hy bied geestelike berading aan die familie.

Saam met hom was 'n groepie vroue geklee in swart in stille protes teen geslagsgeweld.

"Een van die vroue is vandag hier om die familie te ondersteun, want sy was self 'n verkragtingslagoffer toe sy sewe jaar oud was. Sy sê haar lewe is verwoes," het Pienaar aan Republikein vertel.

"Hierdie man (die beskuldigde) moet net in aanhouding bly. As hy uitkom, sal ek hom eerste kry," het 'n familielid gesê wat op dié rampspoedige dag op die bebloede meisie afgekom het.

Die ouers van die slagoffer was ook by die hof en het vertel dit gaan beter met hul dogter.

"Fisiek het sy mooi herstel, maar sy kry nog baie nagmerries," het sy aan Republikein gesê.

"Sy sal volgende jaar teruggaan skool toe."

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!