King Kong staan opsy vir swartrenoster
Vandag op Wêreldwildlewedag skyn die kollig onder meer op die bewaring van swartrenosters. Om dit te vier het die Namibies-gebore supermodel Behati Prinsloo wat haar vir dié bewaringsaksie beywer, met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) kragte saamgespan.
Sy het by die Empire State-gebou, die ikoniese New Yorkse landmerk wat danksy flieks soos King Kong en Sleepless in Seattle internasionale roem verwerf het, die skakelaar aangesit om die gebou in blou, groen en goud te belig. Die kleure beeld die oseane, aarde en vlaktes uit waar wildspesies soos die bedreigde swartrenosters voorkom.
Prinsloo het as internasionale ambassadeur van die Save the Rhino Trust Namibia (STR), dit ook reggekry dat ‘n afbeelding van ‘n swartrenoster deel van die ligspel is, sê die STR in ‘n verklaring.
Foto: Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie