Kings lok Chrysander ook

Rugby
Andrew Poolman
Michael Green - Die ervare voorryman Schalk Ferreira kry volgende seisoen die geleentheid om sy droewige jaar te probeer vergeet.

Ferreira is volgens Charl Crous, bedryfshoof van die Southern Kings, een van 12 rugbyspelers wat onlangs deur dié franchise gekontrakteer is.

Die 32-jarige Ferreira is vanjaar as die OP-Kings se kaptein aangestel, maar hy het in sy span se eerste Curriebeker-wedstryd ''n liesbesering opgedoen wat hom vir die res van die reeks langs die kantlyn gehou het.

Nege ander spelers wat ook vanjaar vir die OP-Kings uitgedraf het, is gekontrakteer.

Hulle is Johann Tromp (veelsydige agterspeler), Sampie Mastriet (vleuel), Waylon Murray (senter), Berton Klaasen (senter), Pieter-Steyn de Wet (losskakel), Ricky Schroeder (skrumskakel), Justin Forwood (veelsydige voorryman), Mike Willemse (haker) en Martin Bezuidenhout (haker).

Nog ''n veelsydige agterspeler wat nes Tromp al Wêreldbeker-rugby vir Namibië gespeel het, Chrysander Botha (28), is ook ingehark.

Botha, wat ook vir die Leeus en Valke gespeel het, was tot onlangs by die Britse klub Exeter Chiefs.

Die Walvisbaaier is ''n aanvallende speler wat heelagter en vleuel kan speel.

• Ander spelers wat vanjaar vir die Southern Kings gespeel het en steeds deur die franchise gekontrakteer is, is CJ Velleman (flank), Thembelani Bholi (flank), Tyler Paul (flank/slot), James Hall (skrumskakel), Louis Fouché (losskakel), Siyanda Grey (senter/vleuel) en Malcolm Jaer (vleuel/heelagter). – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!