Kings se reusetotaal verseker titel
Krieket
Tielman van Lill – Die Namspire-krieketakademie van Dickson Vambe het verlede naweek sy Switch Desert Slam T20-toernooi vir o.14- en o.17-spelers by die Unitedveld in Olympia gehou.
In die o.17-finaal Sondag het die Vanishing Kings die Switch-titel met 35 lopies ingepalm teen die aanslag van die Etosha Giants onder leiding van hul kaptein Gerhard Janse van Rensburg.
Die Kings het eerste gekolf en gemaklik 205 lopies vir die verlies van vyf paaltjies in hul toegelate 20 boulbeurte opgestel. Die Giants beleef ongelukkig ’n insinking en kan slegs met 170/9 in 20 antwoord.
Janse van Rensburg op nommer vier was kookwater met sy breë kolf teen ’n verstommende treftempo van 259 persent – 83 lopies van 32 aflewerings. Sy kolfbeurt sluit vier viere en nege sesse in, voordat hy deur Lu-Hendro de Waal been voor paaltjie betrap word.
Nadat die Kings in die sewende boulbeurt op 2/37 gestruikel het, het Janse van Rensburg en kolwer drie Hanro Badenhorst (48 van 36 balle, 5x4, 2x6, gevang Pieter Kotze, geboul Eric Bester) met ’n 102-lopievennootskap beheer van die kolfblad geneem. Die duo versnel die kolftempo in 8.1 bb teen gemiddeld 12.5 lopies om ná 14.4 bb op 139/3 te staan.
Die res van die Kings se 74 lopies kom van die aanvangspaar Franko Bergh (20 van 21 b, 2x4, gevang Adriaan Coetzee, geboul Geo Haasbroek) en Jan Daniel de Villiers (11 van 17 b, gevang en geboul Nico Pieters), Wayne Shirley op vyf (2, 2 b, uitgehardloop Adriaan Coetzee en Ramsay McDonald), nommer ses Raine Raath (14* van 11 b, 1x4), Dian Jacobs op sewe (9* van 4 b, 1x4) en 18 ekstras (12 wydlopers, 3 foutballe en 3 bylopies).
Vir die Giants was Haasbroek verreweg die suinigste met die bal en staan net 13 lopies in sy vier boulbeurte af en oes een paaltjie teen net 3.5 per bb. De Waal met 1/13 in twee (ekonomie 6.5), Pieters (1/24 in 3, ekonomie 8) en Bester (26/1 in 2, ekonomie 8) sorg vir die res.
Die Kings se val van paaltjies: 1/32 in 5.2 bb (Bergh), 2/37 in 6.3 (De Villiers), 3/139 in 14.4 (Janse van Rensburg), 4/143 in 15.2 (Shirley), 5/191 in 19.3 (Badenhorst).
Die Giants moes teen net meer as 10 per boulbeurt kolf om die wenteiken van 206 te jaag. Hul aanvangspaar het goed weggespring en verloor eers hul eerste paaltjie op 67 (7 bb) toe Dewald la Grange (25 van 25 b, 2x4, 1x6) van Jacobs van Bergh se aflewering uitgevang word.
Sy vennoot Jandré Schlechter (27 van 20 b, 4x4, gevang en geboul Bergh) verloor sewe lopies later (2/74) sy paaltjie.
McDonald (17 van 18 b, 2x4, uitgehardloop Charles Hoadom) en De Waal (59* van 35 b, 2x4, 3x6) is saam vir ’n 27-lopievennootskap. Maar toe McDonald die trekpas kry, stort die Giants se kolforde dramaties ineen.
De Waal veg verbete om sy span se aanslag met sy onoorwonne kolfbeurt opkoers te hou, maar kry geen ondersteuning nie. Ongelukkig kan Haasbroek, Pieters, Perlo Hitiraukunga, Coetzee, Jacob Chaplin en Kotze tussen hulle net elf lopies van 25 aflewerings bymekaarskraap en die Kings eindig op 170/9.
As die Kings nie 31 ekstras (23 wydlopers, 3 foutballe, 5 bylopies) afgestaan het nie, sou hulle Sondag vinniger kon gaan stort het.
Val van paaltjies: 1/67 in 7, 2/74 in 8.5, 3/101 in 11.3, 4/107 in 12.3, 5/107 in 12.4, 6/109 in 13.4, 7/121 in 15, 8/133 in 16.1, 9/170 in 20.
Janse van Rensburg is as speler van die eindstryd aangewys en De Waal as speler van die toernooi met sy 135 lopies in vier kolfbeurte. Janse van Rensburg was met 131 in vier beurte ewe produktief as sy nasionale o.19-spanmaat.
Vir die Giants is Badenhorst met 2/8 in 2 bb as bouler op peil, gevolg deur Jacobs (1/17 in 2) en Janse van Rensburg (1/8 in 2).
O.14-FINAAL
Die Etosha Giants onder aanvoering van Lihan Horn het ’n sespaaltjie-oorwinning teen die Southern Sparrows behaal.
Franko Bergh het ’n kans gekry om in die o.17-finaal te speel nadat hy in vyf kolfbeurte 148 lopies geslaan het en as speler van die toernooi aangewys is. Jacob Chaplin was speler van die wedstryd met 3/6 in sy twee boulbeurte en het ook in die o.17-finaal gespeel.
Adri Pienaar van die hoofborg Switch het gesê: “Ons is trots om by die Namspire-akademie as borg betrokke te wees. Dié tipe kompetisie gee die seuns die ideale geleentheid om by ’n goed georganiseerde toernooi waardevolle ondervinding op te doen en aan hul vernuf te skaaf.”
Vambe, besturende direkteur van Namspire, het gesê: “Krieket het so professioneel en gevorderd geraak dat ons die telling en bal-vir-balkommentaar aanlyn beskikbaar kon maak. Spelers se vertoning is dus onmiddellik beskikbaar vir klubs en universiteite wat hul vordering wil volg.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie