Kinkels in die kabel bring medisynetekort
Die Sentrale Verkrygingsraad (CPB) het kliniese én farmaseutiese tenders vroeër vanjaar gekanselleer.
Henriette Lamprecht – Die grootste struikelblok om te verseker medisyne is wél in voorraad by hospitale en klinieke, is die Sentrale Verkrygingsraad (CPB) se versuim om kontrakte vir twee jaar toe te ken.
Staatshospitale en –klinieke word die afgelope tyd geteister deur ‘n reusetekort aan alles van voorbehoedmiddels tot chroniese medikasie, met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) wat noodgedwonge die medikasie ten duurste moet uitkoop.
Volgens mnr. Ryno Badenhorst, direkteur van die ministerie se farmaseutiese verskaffingsketting, is die toekenning van tweejaarkontrakte vir die verskaffing van kliniese en farmaseutiese produkte deur die CPB “noodsaaklik”.
“Die Sentrale Verkrygingsraad (CPB) het kliniese én farmaseutiese tenders vroeër vanjaar gekanselleer. Die enigste opsie vir die ministerie is dus om ‘n buy-out te doen.”
Laasgenoemde geskied binne die raamwerk van die Verkrygingswet van 2015. Sou daar wel ‘n vertraging in die lewering van medisyne as gevolg van die verskaffers wees, is daar volgens Badenhorst ‘n meganisme vir noodaankope.
“Die tweejaar-behoefte is bereken en net sekere aanpassings word nou gedoen om van ou na nuwe medikasie oor te skakel. Die versoek vir twee jaar se voorraad is nou na die CPB vir toekenning.”
Volgens Badenhorst besef die ministerie bogenoemde toekenning deur die CPB kan ‘n geruime tyd duur.
‘n Versoek is gevolglik gerig dat ‘n groot tender deur die ministerie toegeken word om voorraad te stabiliseer tot kontrakte gesluit is en aflewering kan begin.
Badenhorst het ook verwys na ‘n regruk-aksie wat tans by die Sentrale Mediese Store (CMS) onderweg is.
Een van die verwikkelinge is dat die farmaseutiese begroting van ander direktorate “losgemaak” word.
“CMS het nou sy eie begroting en ek behartig die bestuur daarvan. Die prosedures kan dus bespoedig word.”
Volgens Badenhorst word die direktoraat vir die verskaffingsketting van farmaseutiese produkte tans gefinaliseer en is ‘n direkteur vir die eerste keer aangestel, met die permanente aanstelling van ‘n hoofapteker en ‘n senior verspreidingsapteker.
“Dit is die drie mees senior posisies wat voorheen nie bestaan het nie.”
Die store se stelsel vir inligtingstegnologie (IT) en enige tekortkominge hiervan word ook geëvalueer.
“Ons ondersoek ook uitkontraktering en hoe die bestelling van medisyne aangepas kan word om te veel en te min voorraad op streekvlak te voorkom.”
Om te verseker voorrade wat op tender uit is en waarop gewag word, is steeds beskikbaar, word van “veiligheidsvoorraad” gebruik gemaak.
“Ons vooruitskatting neem die gemiddelde afleweringstyd in ag wanneer ons bereken hoeveel medisyne aangekoop word. Indien daar ‘n onbeplande vertraging aan die kant van die verskaffer is, het ons geen ander keuse as om ‘n nood-uitkoop te doen nie, maar die verskaffer word bestuur en ‘n vertraging of kansellasie word met toekomstige toekenning in ag geneem.
“Dié inligting word aan die komitee verskaf wat die toekenning doen.”
Die logistieke probleme is redelik maklik om aan te spreek en reg te stel, erken Badenhorst.
Die grootste struikelblok bly die kansellering van die aankoopprosedure en vertragings.
Haakplekke in die proses om medisyne betyds by hospitale en klinieke te besorg is volgens hom grootliks weens beperkte hulpbronne.
Groot bestellings word maandeliks of elke ses weke afgelewer, maar kleiner bestellings word wel buite die vaste skedule en soos nodig afgelewer. Volgens Badenhorst is een van die doelwitte om die gereeldheid van aflewerings te verhoog.
“Ons het ‘n ondersoek saam met NamPost van stapel gestuur om opsies te identifiseer en te implementeer. Die ondersoek sal ses weke duur en data sal gevolglik gebruik word om verskillende alternatiewe te ondersoek en die koste-implikasie te bereken.”
Volgens Badenhorst word die elektroniese weergawe van Namibië se lys van noodsaaklike medisyne, Namlist, ook gereeld bygewerk.
Hy gee toe al die gelyste items op die Namlist is nie in voorraad nie.
“Dit is hoofsaaklik in die vorm van nuwe items wat bygevoeg is. Daar is nou baie aktiwiteit op Namlist, omdat die behandelingsbeplanning hersien word.”
Volgens Badenhorst sal ‘n direkte gevolg hiervan wees dat Namlist in lyn hiermee hersien word, omdat nuwe en ander medisyne benodig word.
“Die vergadering om die lys te hersien, is uitgestel om nog tyd te gee vir beraadslaging met mediese praktisyns oor behandelingsplanne en die impak wat dit op die Namlist het.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie