Kipchoge slaan Siya se hand in die as

Sporttoekennings
Die Keniaanse langasem Eliud Kipchoge het die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, se hand Sondag in die as geslaan by die BBC se Sportpersoonlikheid van die Jaar-geleentheid.

Kipchoge is as die Wêreldster van die Jaar bekroon nadat hy die meeste stemme in ’n aanlyn stemproses gekry het. Hy was benoem saam met Kolisi, die gholflegende Tiger Woods, die Aussie-krieketster Steve Smith en die uitgesproke Amerikaanse sokkerspeler Megan Rapinoe.

Die Keniaan het die meeste stemme op hom verenig vir ’n prestasie wat niemand voor hom kon behaal nie. Kipchoge het in Oktober die eerste mens tot nog toe geword wat die marathon-afstand van 42.2 km in minder as twee ure kon aflê.

In toestande wat gemanipuleer is om die beste moontlike tyd op te lewer, het Kipchoge ná 1 uur en 59.40 oor die eindstreep gehardloop. Dit is die vinnigste marathon-tyd tot dusver, maar is nie as ’n wêreldrekord erken nie omdat Kipchoge saam met roterende groepe pasaangeërs gehardloop het.

Kolisi is benoem vir sy geskiedkundige rol as eerste swart kaptein wat rugby se Wêreldbeker lig, Woods vir die verowering van sy eerste Major-titel in 11 jaar by die Amerikaanse Meesterstoernooi in April, Smith vir sy wonderlike kolfpeil sedert hy teruggekeer het van ’n jaar lange skorsing en Rapinoe vir haar rol as kaptein van die Amerikaanse span wat die Wêreldbeker gewen het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!