Kiste op wiele
“. . . ridder van die lang sekel . . .”
WETSGEHOORSAME SKILPAD SKRYF:
Hierdie twee dreungat doodskiste-op-wiele het my op Maandag 22 Junie opnuut die verbypadhorries gee hier in Windhoek. Dit was kort na 18:00.
Eers kom sleep E 27, weet nie na watter “respect” die woorde agterop die wa verwys nie, teen meer as 100 kilo’s per uur verby met verkeer wat van voor af aankom. Kort daarna volg ridder van die lang sekel Y 563.
Links voor ons was in daardie stadium die fietsyers in die foto. Soms druk sulke kalante verkeer in die geel baan in – wat gruwelike gevolge kan hê.
Maar dié uitstalling van verkeersvernuf is nog nie verby nie . . . Beide manne gebruik die afdraaibaan na regs (die draai is tans weens konstruksie nie in gebruik nie) om voor in die ry te kom en jaag daarna teen ‘n doodsveragtende spoed verder.
Ek het hul later weer langs die pad gekry. Daar langs Prosperita waar groot getalle werkers wag vir vervoer terug huis toe. Ek wonder of die manne anders ry wanneer hul passasiers eers ingeklim het.
Dit is ‘n wonder ons het nie baie meer ongelukke en sterftes op die pad nie. Seker maar omdat ons so gewoond is om in die afwesigheid van aktiewe verkeerspolisiëring vir ander se bestuursvernuf te kompenseer?
My passasier het die kiekie geneem toe ons hulle by die Kupferberg-verkeerslig ingehaal het.
(Ontvang op WhatsApp op 23 Junie 2020.)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie