Kisting môre in Roemeense finaal
Met 'n drie en skoppunte het hy in die halfeindstryd sy bydrae gelewer.
Andrew Poolman
In die verre Roemenië hou Helarius Kisting sy land se naam hoog met puik vertonings in die CEC Bank Superliga.
Die Namibiese skrumskakel se klub Baia Mare speel môre in die eindstryd van die nasionale liga.
Vir die ganse Maart, April, Mei en Junie was die 2019-2020 liga deur die Covid-19-pandemie in sy spore gestuit.
Die Roemeense liga het egter 'n trotse geskiedenis van meer as 'n eeu. Vandat dit in 1914 tot stand gebring is, was daar net vier jare – insluitend drie tydens die twee Wêreldoorloë, 1917, 1918 en 1944-1945 – waarin geen kampioenspan bekroon is nie.
Op 1 Julie vanjaar kon die spelers die eerste keer sedert die inperkings weer op die oefenveld in klein groepies van vyf begin versamel sonder kontakoefeninge, het Kisting gister aan die koerant vertel.
Gedurende Augustus is die beperkings verslap tot 12 spelers en die besluit is geneem om die 2019-2020 seisoen ondanks die lang onderbreking af te handel, terwyl 'n beslissing oor die vooruitsigte vir die daaropvolgende seisoen nog afgewag word.
Groot sege
Die twee semifinale is laas Saterdag afgehandel. Kisting se Baia Mare-span, die titelhouer van die vorige seisoen, het onoorwonne met agt oorwinnings boaan die puntelys geëindig. In hul halfeindstryd het sy span ook met 76-19 teen die arme Dinamo Bucuresti weggehardloop.
Kisting het nie net die eerste drie van die wedstryd aangeteken nie, maar het later ook vier doelskoppe deur die pale gestuur.
Hul opponente in môre se finaal is Timisoara, wat sy halfeindstryd teen Steaua Bucuresti met 21-20 oorleef het.
Geen toeskouers sal toegelaat word by môre se eindstryd nie, wat vir beide spanne in die neutrale venue Brasov voorlê. Die reisafstand daarheen is vir beide spanne omtrent dieselfde.
In die liga-ontmoeting bykans 'n volle jaar gelede op 19 September 2019, het Baia Mare op sy tuisveld met 28-24 teen Timisoara gewen.
“Timisoara het niks om te verloor nie en ons verwag hulle sal voluit kom met 'n baie fisieke aanslag. Ons moet net ons proses vertrou en die dinge uitvoer wat ons geoefen het, dan behoort die uitslag goed te verloop. Dit sal egter beslis 'n fisieke en hoëtempo-wedstryd wees,” sê die voormalige Unam- en Windhoek Draught Welwitschias-speler.
Die 26-jarige Kisting, 'n veelsydige agterspeler wat ook bedrewe op losskakel of heelagter is, sê hy het die afgelope seisoen feitlik uitsluitlik die 9-trui gedra.
“By ons klub is twee losskakels en ek is een van die twee skrumskakels. Ons afrigter het onderneem om in die volgende seisoen te probeer om my ook speelkans op losskakel te gee.”
Kisting, met elf toetse agter sy naam sedert 2017 en 'n lid van laas jaar se Wêreldbekerspan na Japan, is tans die enigste Namibiër in die Roemeense liga. Tevore was van sy landgenote soos Eugene Jantjies, Darryl en Sergio, Mbimbo Mbai, Gregory Stein, Renaud van Neel, McGrath van Wyk en Roderique Victor ook as buitelandse spelers by klubs in die land gekontrakteer.- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie